Deur ALANI JANEKE
7 Augustus 2012

1302 keer gelees | 0 kommentaar

Trekkerverkope het verlede maand dié eerste keer vanjaar ’n daling teenoor die vorige maand aangeteken.


Altesaam 670 trekkers is verlede maand in Suid-Afrika aangeskaf. Dít is 5% minder as die 704 trekkers wat in Junie vanjaar verkoop is.

Dit is die eerste maand vanjaar dat die verkope van landboumasjinerie laer was vergeleke met die vorige maand. Luidens ’n verklaring bly verkope vir die jaar, ten spyte van die daling, steeds 25% hoër vergeleke met die ooreenstemmende tyd in 2011.
 
Stroperverkope het verlede maand die hoogte ingeskiet met ’n toename van 60% vergeleke met Junie. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope sowat 52% hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
 
Lewendig
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging (Saama) sê die mark bly lewendig, veral met boere wat sekerder is oor die algehele waarde van hul oeste noudat die oeste ingesamel is. “Dit beteken dat hulle vroeër en met groter vertroue besluite kan neem,” lui die verklaring.
 
Wat verwagtinge vir die res van die jaar betref, voorspel Saama dat ’n moeilike tydperk nou betree gaan word. Hoewel die vereniging verwag dat die gunstige vlakke van pryse vir mielies voortgesit sal word, bestaan twyfel rondom die mark weens die onbestendigheid van die rand.

“Weerstoestande in die laaste deel van die jaar sal waarskynlik die dryfveer wees vir verkope van landboumasjinerie in die res van die jaar,” aldus Saama.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights