Deur GERRIT SCHAAFSMA
30 Augustus 2012

1570 keer gelees | 0 kommentaar

Meer as 80 gerestoureerde trekkers was op Heidelberg te siene op die onlangse ekspo vir Wes-Kaapse landbou-veterane.


Die ster van die skou was ’n 1954 Minneapolis Moline BG wat deur mnr. Louru Giliomee gerestoureer is. Dié 22 perdekrag-trekker is net een van vier in Suid-Afrika en is uit drie wrakke gebou. Giliomee se trekker het die eerste plek in die afdeling vir gerestoureerde trekkers gewen.
 
Giliomee het as ’n jong man trekkers begin herstel. Volgens hom het dit meer as vier jaar geduur om dié Moline vir die skou gereed te maak. Hy het so ver moontlik geprobeer om oorspronklike onderdele te gebruik om die trekker te laat lyk soos toe dit in 1954 verskyn het.
 
Die oliebadlugfilter van die Moline moes herstel word, maar die etiket wat saam met die filter kom, was so erg verweer dat Giliomee net die naam van die vervaardiger en die reeksnommer kon uitmaak. Hy het ontdek dat die Vortox-maatskappy wat dié filter maak en in 1918 gestig is, steeds bestaan.
 
Ná hy e-pos oor die filter aan die maatskappy gestuur het, het hy gedetailleerde instruksies daaroor ontvang. Later het twee etikette ‒ presies soos die oorspronklikes – in die pos gevolg.

Gewilde skou
Mnr. Hennie Richter, sekretaris van die klub, sê die skou word al hoe gewilder en dat die Wes-Kaapse klub nou meer as 400 lede het.
 
“Ons sien onsself as ’n volwaardige bewaringsorganisasie wat ons land se erfenis beskerm,” sê Richter. Hy meen dat die tekort aan staatsfinansiering vir museums nou deur private organisasies aangevul moet word.
 
Mnr. Derick Kleynhans van Heidelberg, wat die prys vir Enjin van die Skou vir ’n 1912 Foos-enjin gewen het, is só besorg oor die beskerming van die landbougeskiedenis dat hy sy eie museum bou. Hy is besig om ’n skuur op sy plaas om te skep in ’n vertoongebied waar hy sy 179 enjins kan uitstal.
 
Om deel te neem aan dié ekspo moet ’n trekker ten minste 30 jaar oud wees. Daar is verskeie kategorieë vir trekkers asook ander voertuie wat elk hul eie bepalings vir deelname het. Die nasionale skou vind volgende jaar op Villiersdorp van 8 tot 11 Augustus plaas. Gaan na www. www.wctec.co.za vir meer inligting.
 
Onderskrif:
Links is mnr. Gielie Groenewald met sy 1948 Willys CJ2A Jeep wat as Voertuig van die Skou aangewys is. Regs is mnr. Louru Giliomee met sy 1954 Minneapolis Moline-trekker wat die prys vir Trekker van die Skou gewen het.
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights