Deur NICO VAN BURICK
14 Januarie 2010

1733 keer gelees | 0 kommentaar

‘n ‘Golf van nuwighede’ sal plase vanjaar tref, sê Monsanto rakende sy ontwikkelings rondom GM-produkte, en dít is net die begin.


Die internasionale saadmaatskappy, Monsanto, gaan die nuwe jaar binne met ’n rekordgetal biotegnologie-projekte wat binne die navorsings- en ontwikkelingspyplyn gevorder het. Onder die projekte is die eerste geneties gemodifiseerde (GM) produk wat ’n direkte voedsaamheidsvoordeel vir die verbruiker inhou.

“Ons het voorheen al gesê ons is op die randjie van ’n tegnologie-ontploffing en hierdie is die begin daarvan,” sê mnr. Robb Fraley, tegnologie-hoof. “Vanjaar sal die eerste van dié produkte wat die hele spel gaan verander, plase bereik. Dit is die eerste golf van nuwighede. Die projekte wat nou nog vroeg in die pyplyn is, sal die volgende golf van tegnologiese deurbrake aanvuur en sal toeneem in die jare wat kom.”

Hy meen die produkte gaan help om landbou-produktiwiteit en –winsgewendheid tot ’n nuwe vlak te neem. Daar is ook baie goeie vordering gemaak met nuwe produkte wat geneties aangepas is om hoër opbrengste te lewer en toestande soos droogte beter te hanteer.

In Suid-Afrika is daar veral opgewondenheid oor die vordering wat gemaak is met ‘n droogtebestande mielie.

14 Januarie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights