Nanokunsmis bespaar stikstof

Deur Marleen Smith
17 Februarie 2017
Nanotegnologie word ingespan om ureumloging stop te sit en boere te help om kunsmis meer doeltreffend te gebruik.

Wetenskaplikes wat met nanotegnologie ureumloging stopsit, sê dié ontdekking kan boere help om tot die helfte minder stikstof toe te dien. Dit verstadig die afbreek van die ureum, wat ’n toediening dus langer laat “hou”.

Hulle glo dit kan vir ’n tweede “Groen Revolusie” in veral die ontwikkelende wêreld sorg. Die nadeel van ureum as ’n goedkoop stikstofbron is dat dit vinnig in nat grond afbreek en ammoniak vorm, wat uit die grond loog en ernstige omgewingskade aanrig, soos die eutrofi kasie van waterbronne.

Dit beland uiteindelik in die atmosfeer as stikstofdioksied, die belangrikste kweekhuisgas waarvoor die landbou verantwoordelik is. Die vinnige afbreek van ureum verhoed ook dat ’n volle toediening deur plantwortels opgeneem kan word. Boere moet dus meer en weer toedien, verduidelik dr. Nilwala Kottegoda, ’n nanotegnoloog aan die Universiteit van Jayewardenepura in Sri Lanka.

Sy en haar span het ’n praktiese metode ontwikkel om nanodeeltjies van die mineraal hidroksie-apatiet (HA) met ureum-molekules te bedek. Hierdie nanokruising tussen HA en ureum verseker dat die ureum 12 keer stadige afbreek as op sy eie.

In aanvanklike proewe op ryslande het dit die behoefte aan stikstoftoediening gehalveer. Boonop word HA as ’n omgewingsvriendelike mineraal beskou.

Bron: phys.org

• Dié artikel is geborg deur GWK. Besoek GWK se webblad by http://www.gwk.co.za/

GWK top flag


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels