2 April 2012

676 keer gelees | 0 kommentaar

Twee swaargewigte in die landboubedryf het ’n ooreenkoms aangegaan vir ’n gesamentlike versekeringsonderneming.


Twee swaargewigte in die landboubedryf, NWK en Senwes, het ’n ooreenkoms vir ’n gesamentlike versekeringsonderneming aangegaan.

Luidens ’n verklaring is die samevoeging van NWK se versekeringsdiens en Senwes se versekeringsonderneming - Univision Financial Services – Maandag (2 April 2012) aangekondig.

Die transaksie is so gestruktureer dat albei maatskappye gelyke aandele in die onderneming besit. Mnr. Danie Marais, besturende direkteur van NWK, sê dit maak kommersieel sin om voordele van skaal te bewerkstellig omdat versekeringsdienste reeds aan produsente gelewer word.

“Voorts, omdat die twee besighede albei korttermyn-, langtermyn- en oesversekering bemark en hanteer, en met groot mededingers in die finansiële sektor meeding, kan wesenlike sinergie en besparings tot voordeel van alle belanghebbendes bewerkstellig word.”

Onmisbare komponent

Mnr. Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, sê versekeringsdienste is ’n onmisbare komponent van ’n landbou-onderneming:

“Hoewel die versekeringsbesigheid ’n kleiner rolspeler in ons besigheid is, is dit ’n onmisbare en kritieke deel van ’n landbouprodusent se portefeulje én risikobestuur, asook dié van sy finansierder, en ons wil deur hierdie samesmelting die klantebasis van meer mededingende en innoverende produkaanbiedings en premies te voorsien.”

Die transaksie gaan binnekort geimplementeer word want dit is nie onderhewig aan regulatoriese goedkeuring nie. Mnr. Daan Hugo is as besturende direkteur van die nuwe onderneming aangestel.

2 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights