Bedrywe

  • Franse witwynkultivar vol belofte

    Johan Coetsee

    Viognier, ‘n ou
    Franse witwynkultivar wat veral in Noord-Frankryk verbou word, het ‘n
    vastrapplek in Suid-Afrika gekry. Wyn wat hiervan gemaak word, is nie net uiters
    geskik as ‘n witwynversnit nie, maar is ook met rooiwynkultivars versoenbaar.

  • El Ni

    Andries Gouws

    El Niño is terug. Hoewel dit lyk asof Suid-Afrika nie so
    erg gaan deurloop nie, moet voorsorg getref word deur vir die ergste te beplan.
    Dít is die mening van kenners oor wat in die komende somer vir saaiboere
    voorlê.

  • Regte stelsel meer werd as vet stoetbul

    Andries Gouws

    Genetiese eienskappe dra min by om beesvleisproduksie per
    hektaar te bevorder. Die regte boerderystelsel met aangepaste diere op goeie
    weiding is die fondament vir optimale produksie.

  • Heining en spreiligte is noodsaaklik

    Charl Van Rooyen

    Boere moet sorg dat hul beveiligingsmiddele die grense van
    die plaaswerf of woonerf ook insluit. Dus is 'n doelmatige veiligheidsheining,
    wat verkieslik geëlektrifiseer is, en goeie spreiligte noodsaaklik om hulle teen
    plaasaanvalle te beskerm.

  • Simmentaler kry melk-status

    Johan Coetsee

    Die Simmentaler, wat in Suid-Afrika tot
    dusver hoofsaaklik as ‘n vleisras gereken is, begin sy plek ook op melkgebied
    volstaan. Verskeie Simmentalerboere melk deesdae hul diere, terwyl melkboere ook
    dié ras se kruisteelmoontlikhede ontgin.

  • Jongste neigings in rissiebedryf

    Charl Van Rooyen

    Weens die groeiende vraag na groenrissies behoort boere
    sekere riglyne te volg om te verseker diegroentesoort voldoen aan die hoë
    vereistes wat gestel word.

  • Mieliepakkette wat misoeste kan systap

    Deur LBW

    Met ‘n goed beplande pakket mieliebasters, vogbewaring en die regte plantdatum kan boere die risiko van ‘n totale misoes weens droogte feitlik uitskakel en ‘n uitstekende oes maak as dit ‘n gunstige jaar is.

  • Kontrak kan boer baie geld spaar

    Jan Cilliers

    Baie boere betaal daagliks 'n duur prys omdat hulle nie skriftelike dienskontrakte met hul werkers aangegaan het nie, hoewel die wet dit baie duidelik vereis.

  • Grondhervorming: Kan staat dit laat slaag?

    Jan Cilliers

    Die huidige trant van grondhervorming kan die kommersiële
    landbou vernietig. Grondeise word steeds teen ‘n slakkegang afgehandel en sal
    teen die huidige tempo 43 jaar duur om te voltooi. Dit sal minstens R43 miljard
    kos. Hierdie is onder die skok-gevolgtrekkings waartoe ‘n regsgeleerde kom.

  • Zimbabwe se duur lesse

    Charl Van Rooyen

    Die grondkwessie in Zimbabwe, wat mettertyd uitgekring het tot wanorde, wetteloosheid en doodslag, behoort vir elke Suid-Afrikaner ‘n waardevolle les in te hou. CHARL VAN ROOYEN het onderhoude gevoer, die gebeure en geskiedenis bestudeer en doen verslag.