Plaasveiligheid: Wanneer mag jy skiet?

Deur Heléne Booyens
13 Julie 2017
Mnr. Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf en gereelde bydraer tot die Kundiges-afdeling op Landbou.com, beantwoord vrae oor regmatige doodslag as deel van Landbouweekblad se veiligheidsreeks.

Wat gebeur as ek iemand wat my in die huis aangeval het, uit nood raakskiet of doodskiet?
Kragtens ons reg het ’n landsburger die reg om ’n aanvaller in sy woonhuis te skiet of selfs dood te skiet (regmatige doodslag). ’n Inwoner hoef nie te wag totdat hy oorrompel word en eers dan op te tree nie. Die howe behoort geregtelik kennis te neem van die wrede geweld wat dikwels met plaasaanvalle gepaardgaan en as jou optrede in die omstandighede as redelik geag word in ’n poging om jou en jou gesin te beskerm, behoort die doodslag van die aanvaller regmatig te wees.

’n Inwoner behoort egter slegs tot hierdie drastiese stap oor te gaan as daar geen ander redelike keuse bestaan om hom- of haarself te beskerm nie. Die feit van die saak is dat jy daarop geregtig is om ’n aanvaller in jou huis te skiet om jouself en jou gesin te beskerm. Jou optrede sal egter gemeet word daaraan of dit in die omstandighede redelik was of nie. As dit dalk nie nodig was om ’n inbreker te skiet nie en dit gebeur wel (’n bedelaar wat kom kos soek) en die mens sterf, kan jy aan strafbare manslag skuldig bevind word.

Moet ek in so ’n geval in die huis bly nadat ek die polisie gebel het?
Jy mag jou huis verlaat nadat jy die SAPD gebel het. Onthou dat enige optrede deur jou bevraagteken kan word. Tree daarom in alle opsigte redelik op.

Mag ek my vuurwapen by my hou? En sy wapen?
As jy iemand regmatig geskiet het, is jy daarop geregtig om jou vuurwapen by jou te hou. Los ’n slagoffer met sy wapen of vuurwapen net daar en moet aan geen getuienis by ’n toneel waar iemand dood is, raak nie.

Mag ek vir my prokureur wag of gaan ek dadelik deur die polisie ondervra word?
Wanneer die SAPD opdaag, kan jy hulle meedeel dat jy die aanvaller in jou huis geskiet het. Jy is absoluut daarop geregtig om vir jou prokureur te wag en mag nie deur enigiemand geïntimideer word nie. Verklarings word in ’n latere stadium benodig en nie op die toneel nie.

Gaan ek in hegtenis geneem word?
’n Mens moet kennis dra daarvan dat as ’n aanvaller in omstandighede soos hierdie gesterf het, open die SAPD ’n dossier vir moord omdat iemand (die aanvaller) op ’n gewelddadige wyse (met ’n vuurwapen) doodgemaak is.

Die omstandighede word dan ondersoek en as dit nie ’n moordsaak uitmaak nie, word nie met ’n aanklag voortgegaan nie. Dis wanneer die opset om te moor nie by jou bewys kan word nie. As ’n aanvaller in die omstandighede onredelik doodgemaak is, kan die plaaseienaar of boer aan strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis word. Dit is meestal ’n groot boete vir eerste oortreders.

Watter aanspreeklikheid het ek as iemand ’n vuurwapen wat in my naam is, gebruik? Selfs al is dit iemand in die familie en in ons belang?
’n Vuurwapeneienaar moet te alle tye ten volle beheer oor sy vuurwapen uitoefen – nalatigheid in hierdie opsig maak die vuurwapeneienaar aan ’n misdaad skuldig wat tot gevolg kan hê dat hy sy reg om ’n vuurwapen te besit verloor.

Indien ’n medegesinslid ’n vuurwapen uit ’n kluis neem om ’n aanvaller regmatig te dood, behoort dit die eienaar van aanspreeklikheid kwyt te skeld. Onregmatige doodslag in so ’n geval sal veroorsaak dat die eienaar vir onder meer oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) aangekla word.

Is ek binne my regte om ’n vuurwapen snags in my slaapkamer te hou vir vinnige toegang, en nie in die kluis wat ’n kamer weg is nie?
Dit sal in orde wees om die vuurwapen snags in jou slaapkamer te hou , maar dit sal onderhewig wees aan die streng vereistes ten opsigte van die beheer oor jou vuurwapen ten alle tye. Die verantwoordelikheid om ’n vuurwapen te besit, is baie groot.

Wanneer mag ek dodelike geweld gebruik?

Mnr. Jacques van der Westhuizen, ‘n geakkrediteerde vuurwapeninstruktuur en eienaar van True Survival in Somerset-Wes, antwoord:

■ Daar moet ’n aanval op jou persoon wees, of op ’n derde party wat jy probeer beskerm.
■ Die aanval moet onwettig wees.
■ Die aanval moet op ’n persoon gerig wees, nie eiendom nie.
■ Die aanval moet reeds begin het of op die punt wees om te gebeur.
Het die aanvaller:
Vermoë. ’n Klein mens wat dreig om ’n grote met sy kaal hande by te dam, het nie die vermoë om hom erge liggaamlike skade aan te rig nie. Dieselfde mens wat mik om met ’n baksteen te slaan, het egter. Is daar ’n wapen sigbaar?
Voorneme. Iemand wat in die verte met ’n panga verbystap sonder enige aanduiding dat hy jou skade wil aandoen, het nie in daardie staduim slegte voorneme nie. Iemand met ’n gebreekte bottel wat jou aan die kraag vasgryp, het.
Geleentheid. Iemand wat ingebreek het en jou van agter ’n veiligheidshek met ’n mes dreig, het nie die geleentheid om jou aan te rand nie. In dié geval het iemand met ’n vuurwapen wel. Aan al drie vereistes moet voldoen word om dodelike geweld te regverdig. Dit geld byvoorbeeld ook ander omstandighede waar dodelike geweld geregverdig is, soos wanneer iemand ’n kaper doodry om sy eie lewe te red.

Landbouweekblad publiseer tans ‘n reeks artikels oor plaasveiligheid. In die huidige uitgawe (14 Julie 2017) kan jy lees oor die gebruik van vuurwapens tydens ‘n aanval, met artikels oor die gebruik van nie-dodelike toerusting, die 24 uur ná ‘n aanval (en die hofsaak), sowel as grondbesettings, wat volg.

* Het jy ’n nuuswenk, kommentaar, ’n foto of video wat jy aan ons wil stuur? Gebruik Whatsapp om met ons te gesels by 063 720 3632.


Kommentaar

Kommentaar (28) “Plaasveiligheid: Wanneer mag jy skiet?

  1. Rudolph
    Rudolph

    Re; die aanspreeklikheid
    Sou ek in n’ struweling met n’ aanvaller betrokke wees en dit blyk of ek noodlottig beseer kan word, mag n’ familie-lid of kuiergas my vuurwapen hanteer en moontlik afvuur of selfs die aanvaller skiet om die aanval te stuit?

  2. Shawn
    Shawn

    Baie goeie vraag Rudolph,
    Sal ook graag die geskoolde antwoord hierop wil hoor!

    Nie heeltemal seker ek stem 100% saam met die bewoording hierbo nie. In my opinie is jy geregtig om te dood, indien jy oortuig is dat jou (of ‘n derde persoon) se lewe in direkte gevaar is.

    Onthou ook net dat die hof jou aksies sal vergelyk met die “Wat sou die gemiddelde persoon doen?”

    Die gemiddelde persoon sal nie huiwer om te skiet, indien hy oortuig is dat sy (of ‘n derde persoon se) lewe in direkte gevaar is nie.

  3. Jaco
    Jaco

    So wat gemaak as 15 of 16 aanvallers jou perseel betree? Wag gaan jou lewe kos.

  4. Chnel
    Chnel

    “Vermoë. ’n Klein mens wat dreig om ’n grote met sy kaal hande by te dam, het nie die vermoë om hom erge liggaamlike skade aan te rig nie. Dieselfde mens wat mik om met ’n baksteen te slaan, het egter. Is daar ’n wapen sigbaar?” Hierdie is belaglik! Wat as daar ‘n klein outjie reeds in jou huis is wat reeds verby verskeie sekuriteits installasies soos ‘n veiligheidsheining en dan ‘n veiligheidsdeur of diefwerende venster is en dit in swak lig, hoe weet jy hy wil jou met die kaalhande aanpak (Jy en die polisie besef dit dalk eers nadat jy hom geskiet het) en hoe weet jy hoeveel van hulle is steeds buite en oppad in om jou met die kaal hande aan te pak, moet jy hulle eers laat “opline” om uit te werk wat is jou kans? Feit is as hy reeds binne jou huis is en hy het boon-op ingebreek m.a.w. diefwering/deur opgebreek skiet jy hom al staan ‘n piepklein outjie kaalhande daar!!

  5. Christo van Graan
    Christo van Graan

    Ek wil graag n vraag vra rondom optrede,maar die voorval word tans ondersoek deur SAP.Is dit moontlik om my in verbinding te sit met n regsadviseur wat in hierdie verband spesialiseer ? (Kontaknommer en adres) Ek sal graag regskennis wil inwin en is bereid om daarvoor te betaal.

  6. Willie
    Willie

    Nou hoe dan nou,die prokureur van Malema wat die mense gekiet het want hy het gevoel sy lewe is in gevaar,wat van as ek n man met panga sien op my grond wat nie daar moet wees nie want hy het nie vir my kom bossies kap nie,maar hy is in EFF drag,want hulle het mos openlik oorlog verklaar teen witmense,moet ek nou die kans waag en hom innooi of moet ek hom skiet want ek weet mos wat sy motief is,Ek dink die politiek maak dit baie moeilik om in die ingewing van die oomblik optetree.

  7. Thomas
    Thomas

    Wat sit so uiters moeilik maak is dat om te bepaal of jou lewe in der waarheid bedreig word want teen die tyd is dit tien teen een te laat. Sou help as dit wettig sou wees om n helse groot teken met n lig op jou hek te sit wat duidelik se dat enige ongemagtigde oortreder geskiet sal word.. agv die hordes voorvalle waar mense vermoor word is dit absoluut belaglik van die gereg om te verwag dat n redelike persoon en veral in die nag moet vasstel wie , wat en hoe groot of met wat gewapen so n inbreker sou wees?? Daar behoort n wet te wees wat bepaal dat as iemand met geweld/ breek toegang tot jou perseel/ huis kry hy summier geskiet mag word– dit sal gewelddadige inbrake binne maande met 80% verminder.

  8. Dixon
    Dixon

    Die 2de sin noem dat jy nie hoef te wag om oorrompel te word voordat jy optree nie, en dan sê die eerste punt van Mnr. Van der Westhuizen dat daar ń aanval op jou as persoon moet wees.

  9. Bert
    Bert

    Niemand kom snags met geweld in mens se huis om te kom kuier nie. As enigiemand honger is kan hy my vra vir kos. As ek hom in my huis vang terwyl my deure gesluit was dan skiet ek hom, hy het nie kom tee drink nie. Ek sal later verduidelik. Ons is vuisfoos om wette te moet toepas wat net op ons gemik is terwyl ons ontwapen is en met ons eie wapens uitgewis word in ‘n terroriste-oorlog wat nie ‘n naam het nie. Daar bestaan nie ‘n bepaling dat die polisie ‘n dossier MOET oopmaak nie, dis net omdat hy ook my vyand is dat hy dit MOET doen, dis al. Ek vertrou net die Here, nie meer op mense nie, maak nie saak of hy ‘n uniform aan het nie. Dis oorlog in hierdie land, daar behoort net een wet te wees en dis vir oorlewing. Ek sal verseker nie wag om te kyk of hy kleiner is as ek en watse tipe wapen hy het nie, hulle kom in elkgeval soos brommers in ‘n koeksel op jou af, ek skiet so veel en so vinnig as wat ek kan om dood te skiet, dis hie dit werk in ‘n oorlog wanneer jy ‘n teiken is.

  10. Dreyer
    Dreyer

    @ Rudolf en Shawn. Om julle vraag te beantwoord is eenvoudig. Ek sal verkies om ja te se en later in die hof te baklei in lewende lyf as wat ek 6 voet onder die grond le. Ons gee ons lewe weg omdat ons bang is vir wat in die hof gaan gebeur. Vat jou pak in die hof en beskerm jou en jou gesin se lewe. Dink net hoeveel boere is al vermoor omdat hy op daardie stadium van n aanval twyfel wat hom tereg staan. Dit beantwoord ook die vraag of jou vrou of kind jou wapen mag gebruik. Wat verkies ons. N geliefde onder die grond of moeilikheid in die hof.Hoop dit maak sin.

  11. Jan
    Jan

    Ek is n groot man en 99% van die wat in die nag kom koek en tee eet is kleiner as ek. Mag ek nou nooit skiet net omdat ek n groot ou is en almal kleiner as ek is nie? Dis belaglik! Koekfreters kondig nie sy intent aan as hy kom kuier nie, ek as redelike persoon is SA kan redelik aan neem dat as hy in die nag ongenooid kom koek eet dat hy my en my gesin wat onder my beskerming is, wil kom moor, so my redelike oortuiging as redelike mens is dat die koekfreter in my huis onmiddelik dood geskiet moet word ter self-ferdediging. Dis my huis nie syne nie. TSEK!! of frek!!

  12. mkruger
    mkruger

    Net dit.
    Ons leef in Afrika.
    Skiet jy ‘n swartman is die kans goed dat jy die nag/naweek in die selle gaan deurbring.
    Ek dink nie dit gaan aangenaam wees nie.
    So dink maar 2 keer en probeer eerder om op ‘n ander manier die situasie op te los.

    Dreyer.
    Jy is seker ‘n prokureur.
    Vat jou pak in die hof.
    En wie betaal vir die gelag.
    Ek moet nog ‘n goedkoop of prokureur ontmoet wat verniet werk.

  13. Shawn
    Shawn

    Stem saam met jou Dreyer! Hoe lui daardie Engelse gesegde (gaan dit maar vertaal):

    Ek word liewer veroordeel deur een, as gedra deur ses.

    Maar ja, soos ek gesê het, die hof sal hulself moet vra wat die redelike mens in die situasie sou doen. En as jy oortuig is dat jou lewe in gevaar is, en jy gebruik noodlottige aksie waar die gemiddelde/redelike mens dieselfde sou doen, gaan dit moeilik wees om jou skuldig te bevind.

    Die goue reël: Moenie in kondisie Groen lewe nie. Besef dat jy enige oomblik in kondisie Rooi kan verkeer, en lewe maar in kondisie Oranje. Met ander woorde, moet nie in Lala-lala-land lewe nie. Wees paraat en gereed, en verwag ‘n aanval voordat dit jou onkant betrap. Dan is jy nie meer ‘n sagte teiken nie.

    Wees veilig mense!!

  14. Hannes
    Hannes

    Wat doen n persoon wat onregmatig deur n polisie beampte aangerand word, hoe verdedig hy homself? Mag hy die beampte skiet as hy voel sy lewe is in gevaar?

  15. Niekie
    Niekie

    A man se grootte speel nie a rol die oorrompelling van sy opponent nie.

    A klein opgeleide man kan a groot leuk met min moeite plat trek.

    Slegs as opponente soortgelyke vlakke van opleiding of ondervinding het speel grootte a rol.

    Ek is oortuig dat a boef meer ondervinding as ek het in die uitoefining van geweld.

  16. Lourens
    Lourens

    Ek voel persoonlik dat sodra die ander persoon in jou huis is, is jou lewe al in gevaar want hy is ni 2uur die aand onwettig in jou huis om jou matte te kom was nie.

  17. Fanie Brink
    Fanie Brink

    Ek is bekommerd dat heelwat boere se paraatheid op die plaas nie goed genoeg is nie en verder opgegradeer moet word. Selfs vrouens wat alleen op plase woon is nie genoeg bedags en paraat nie.

  18. Yolly
    Yolly

    Sal n teken op jou hek jou enigsins help indien daar ongemagtigde persone op jou perseel is? Nie spesifiek hier met skiet nie, maar ook in geval van diefstal of enige ander oortredings? Want dan wil ek graag vandag n groot teken laat maak in al 3 tale. Wat sal die beste bewoording wees vir so n teken? Kan n regskenner my hiermee help asb?

  19. Ruan
    Ruan

    So as n ou agter my veiligheids deur staan met panga mag ek hom nie dood nie al is sy tjomies besig om my kaal te steel? Ma as hy n geweer het kan ek optree..so moet ek nou eers die veiligheids hek oopsluit vir hom sê staan stil wag dat ek kan oop sluit? Polisie vedag kom eers 4ure nadat jy gebel het op die toneel…moet ek nou dan wag tot hul alles kla gesteel het.?

  20. JG
    JG

    Onthou een ding…net jy en hy weet wat in die huis gebeur het, maak nie saak of dit donker of lig was binne jou huis nie, hy n wapen gehad het of nie, was jou veiligheids hek in die gang oop of gesluit nie,…….soos die engels man se…catch my drift?

  21. Johannes Meintjes
    Johannes Meintjes

    As iemand op grondvlak wie al sedert 2001 bewustheid aangaande plaasaanvale probeer help skep, is ek bly om artikels te vind wat objektief geskryf is. Oor te veel jare sedert 1994 word landsburgers en plaasboere half ontmoedig of bangepraat om selfverdedigend op te tree. Buurtwagte en parate burgers het egter nog ver om te gaan op die pad van nasionale vlak weerbaarheid en effektiewe afskrik van geweldsmisdaad in SA, sou ek wou meen.

  22. Thys
    Thys

    “Chnel
    “Vermoë. ’n Klein mens wat dreig om ’n grote met sy kaal hande by te dam, het nie die vermoë om hom erge liggaamlike skade aan te rig nie.”

    Ek stel dit aan jou dat die klein mens wat dreig om n grote van die ouderdom 70 jaar plus met sy kaal hande by te dam beslis die vermoë het om daardie groot mens van 70 jaar + geweldige liggaamlike skade aan te rig en selfs daardie grote te dood.
    WAT NOU GEMAAK……?

  23. Albert
    Albert

    ■ Die aanval moet onwettig wees.
    Alle plaasaanvalle is wettig, anders sou die polisie dit gestop het.

  24. kobus
    kobus

    Suid afrika is nie meer n land vir wetsgehoorsame landsburgers nie punt vandat die wet beskermd teenoor misdadigers geword het het misdadigers oorgeneem met Brutale moord,verkragtings,diefstal tov motor kapings huis en besigheids rowe en nog meer en die grap is van die polisie lede is ook betrokke wat misdade pleeg en misdadigers beskerm.Se voet man.Wie beskerm ons ? Nie die wet nie so broer suster skiet die goed vrek Jul is belangriker as die gemors.

  25. mikeswinerd@telkomsa.net
    mikeswinerd@telkomsa.net

    Kan ons Engels sprekende mense dit in Engels kan kry asseblief. Mike

    • Jan Bezuidenhout

      Beste Mike, Ongelukkig nie: Kopieer die Afrikaanse teks en gebruik GoogleTranslate.
      Sterkte

  26. Tina du Toit
    Tina du Toit

    As ek buite besig is om my krimpvarkies kos te gee en ek word onverwags verras, maar baklei terug, mag ek vir my meisiekind skreeu om te skiet. Hoe gaan dit haar en my benadeel. Ons was voorheen aangeval en ek het my hele gesin gered deur een te dood. Glo my, dit was nodig na drie ons deur afgeskop het en my mense aangehou het. Ek het in kas weggekruip, maar wat sou gebeur as een van my mense my rewolwer gevat het en dood geskiet het en verseker vat hulle jou wapen, maar hoelank mag hulle dit hou voor jy dit weer terug kry. En is jy verplig om dadelik ‘n verklaring af te gee terwyl almal nog in skok is?

  27. ismail
    ismail

    Ek se die land is nie ver van Rohingya nie. Vergeet die polisie. wat as die weermag toegelaat is. wanneer word dit gesien as n oorlog wat eintlik besig is om te ontwikkel.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels