SA boer se waterslim plan trek wêreldwyd aandag

Deur Lucille Botha
20 Maart 2017
’n Eenvoudige potplant het mnr. Louis Loubser, ’n vrugte-en-wynboer van Robertson, laat dink aan maniere om doeltreffender te besproei.

’n Eenvoudige potplant het mnr. Louis Loubser, ’n vrugte-en-wynboer van Robertson, laat dink aan maniere om doeltreffender te besproei. Die resultaat is die Tree Hog, ’n plastiekomhulsel waarmee besproeiingstyd met tot 62% verkort word. Boonop groei die bome beter.

Wanneer die mikrobe- sproeiingstelsel in ’n jong sitrusboord op die plaas Vinefera by Robertson aangeskakel word, klink dit soos die gezoem van ’n reuse swerm bye. Dit is omdat elke mikrospuitjie teen die wande van ’n Tree Hog, ’n veelkantige, swart plastiekhouer, spuit. Dit konsen- treer die water om die boom se stam pleks van om dit oor ’n groot oppervlakte te versprei.

Mnr. Louis Loubser glimlag opgewonde oor dié gezoem. Dit span immers die kroon op sy harde werk oor maande om die Tree Hog te ontwerp en te ontwikkel. Dié werk werp nou vrugte af danksy internasionale belangstelling in sy waterslim patent wat tot 62% water en elektrisiteit bespaar en onkruidbestryding vergemaklik.

Kliek op die PDFs hier onder om die volledige artikel te lees.

• Dié artikel is geborg deur GWK. Besoek GWK se webblad by http://www.gwk.co.za/

 

Aanhangsels

Kommentaar

Kommentaar (3) “SA boer se waterslim plan trek wêreldwyd aandag

  1. Willie
    Willie

    http://m.wimp.com/farmer-has-his-dreams-come-true-on-an-episode-of-shark-tank/

    Is die idee sy eie?
    Wonder maar net? Dit lyk selfs dieselfde.

  2. Arthur Sippel
    Arthur Sippel

    Neem kennis dat die uitvinding van Louis Loubser nie uniek is nie. Die “Tree T-PEE” is ‘n produk wat deur GSI Supply, Inc. in die VSA, vervaardig en versprei word. Dit is ontwikkel deur Rick Georges in 2005, en het kommersieel op die mark gekom in 2013, twee jaar voordat Louis Loubser aan sy “uitvinding begin werk het. Terloops, in die VSA word die produk ook uit 100% herwinbare plastiek vervaardig en dit is in verskillende kleure beskikbaar afhangende van die behoefte van die boom.

    Terloops, volgens die inligting is Rick ook die uitvinder in die ’70s van die mikro-besproeiingstelsel soos ons dit ken vandag.

    Sien http://treetpee.com/ vir meer inligting.

  3. Francois de Villiers
    Francois de Villiers

    Hierdie is kombinasie van plastiek bedekking en gekonsentreede benattings oppervlak.
    Dit kan op baie maniere verkry word.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels