SEB onvermydelik, maar hanteerbaar

Deur Verslaggewer
9 Junie 2017
’n Strategie vir SEB kan moontlik ’n kompeterende voordeel vir ’n besigheid wees, sê ’n konsultasiefirma.

SEB “is nie iets wat gaan verdwyn of verander nie, en die toekoms of lewensvatbaarheid van meeste besighede is baie nou gekoppel aan hoe hulle gaan reageer op die SEB-uitdagings wat aan hulle gestel word,” sê mnr. Andre Muller van Marathon, ’n sakekonsultasiemaatskappy.

Hy voeg by dat dit noodsaaklik is om ’n strategie vir SEB te ontwikkel, wat moontlik ’n kompeterende voordeel vir ’n besigheid kan wees. Dit is belangrik om vas te stel wat die besigheid se huidige SEB-status, getal werknemers, asook omset en wins voor belasting is. Die bedryf waarin die besigheid hoofsaaklik sy dienste verrig of produkte lewer, sy teikenmarkte en moontlike vennote in sy waardeketting is ook belangrik.

Die regte leierskap, deurlopende kommunikasie met alle belanghebbendes en die aanpassing van administratiewe prosesse is noodsaaklik vir die suksesvolle toepassing van SEB, sê Muller. Dit is ook belangrik dat die hoof uitvoerende beampte or besturende direkteur die strategie se teiekens stel en die proses bestuur.

“As Marathon het ons self reageer op die SEB-landskap deur die loodsing van die 40Points-inisiatief. Dit stel besighede in staat om met die hulp van ’n gefokusde program hulle verkrygings, verskaffers en besigheids-ontwikkeling-strategieë sinvol te ontwikkel en goeie prestasies te kan behaal in terme van die SEB-telkaart”, sê hy.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels