Al ooit gewonder watter stappe gevolg moet word om ‘n omgewingsimpakstudie te doen? Of wat die bewaringstatus van Suid-Afrika se plant- en dierespesies is?
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) het hulp vir enigiemand wat meer inligting oor biodiversiteitsverwante onderwerpe soek, met hul “biodiversity advisor” wat onlangs by Kirstenbosch bekendgestel is.
Dié biodiversiteit-raadgewer is op die internet is by http://biodiversityadvisor.sanbi.org beskikbaar en bied inligting oor die verspreiding van spesies en ander inligting oor biodiversiteit vir enige gebied in Suid-Afrika.
Ander voordele van die gratis “raadgewer” is data wat uit verskillende bronne byeengebring is, biodiversiteitdata wat wetenskaplik gesproke bo verdenking is en data wat ingeligte besluitneming oor omgewingsaangeleenthede moontlik maak.
4 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)