Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tegnologie / Boere-toets-ipad-vir-landbou

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere toets iPad vir landbou

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Die iPad. foto: Digital Trends
Die iPad. foto: Digital Trends

‘n Nuwe tegnologiese ontwikkeling wat groot byval in die landbou kan vind, is pas deur Landbouweekblad bekend gestel.

Dié nuutjie is ‘n landbou-applikasie vir die tablet-rekenaar, die iPad (gebou deur Apple, die wêreld se voorste rekenaar- en tegnologiemaatskappy) en is nou beskikbaar.

Enkele gelukkige boere oor Suid-Afrika toets tans elk ‘n iPad vir Landbouweekblad. Hul waarnemings en gevolgtrekkings oor dié streelpaneel sal in opvolgende artikels en berigte in die tydskrif en op hierdie webwerf gepubliseer word.

Die toepassing, of ‘n toep, is ‘n poort tot 'n magdom betroubare en nuttinge inligting oor die landbou, van ‘n argief van LBW-artikels, intydse pryse van kommoditeite en ‘n besondere aanbieding oor die weer.

Die landbou-toepassing bied die volgende:
* 'n Soekfunksie wat ‘n mens toelaat om 'n snel-groeiende argief van die afgelope jare se Landbouweekblad-artikels deur te soek vir inligting aan die hand van onderwerpe, skrywers of publikasiedatums. Gebruikers kan gunsteling-artikels boekmerk vir latere gebruik of vir naslaan-doeleindes. Die artikels kan met die tik van ‘n vinger per e-pos versend word.
* ‘n Uitgebreide, aantreklike weer-afdeling wat vars en betroubare weer-inligting van 102 sentra in Suid-Afrika aanbied. Dit behels onder meer ‘n voorspelling vir die volgende ses dae, asook ander nuttige inligting, soos humiditeitsvlakke, doupunt, lugdruk, brandgevaar, windspoed- en rigting, verwagte neerslae en die minimum en maksimum temperature.
* ‘n Intydse voer van graanpryse op Safex word aangebied. Dié pryse is 15 minute ná verhandelings in die toep beskikbaar en vertoon die aantal kontrakte wat beklink is, die geldwaardes daarvan asook aanduidings van prysbewegings.
* ‘n Voer van alle aandelepryse op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) is beskikbaar. Dié aanbieding sluit die daaglikse verhandelinge in, asook die finansiële inligting van elke genoteerde maatskappy op die beurs, wat tot vyf jaar terug strek.
* Veilingspryse van lewende hawe op enkele weeklikse veilings, soos Kroonstad, Kimberley en Gouda, is beskikbaar, asook saamgevatte nasionale pryse vir beeste, skape, varke en hoenders.
* ‘n Kraakvars digitale aanbieding van Landbouweekblad se gewilde geklassifiseerde advertensies. Dié advertensies word via die nuwe webwerf, http://geklassifiseerd.landbou.com, in die toep op die iPad vertoon.
* Laastens kan gebruikers van die iPad met die tik van ‘n vinger op Landbouweekblad se Facebook-bladsy sommer met die deur in die huis val vir ‘n heerlike saamgesels met die FB-gemeenskap.

Die Landbou-toep is aanvanklik gratis beskikbaar, maar later sal dit ‘n betaal-model word. Dit sal in ‘n stadium gratis beskikbaar wees vir intekenare op Landbouweekblad.

* Landbou.com het ‘n gespreksgroep geskep vir boere en landbouers wat ‘n iPad het. Die nuwe landbou-toep word onder meer bespreek en die groep gesels oor moontlike toeps vir die landbou en boerdery. Boere wat ‘n iPad het en aan dié forum wil deelneem, kan hul besonderhede aan janbez@landbou.com  stuur.

* Gebruikers met 'n iPad kan die landbou-toep hier aflaai.

Kyk na ‘n kort video oor die landbou-toep, en na 'n langer video oor die werksaamhede van Touchlab, die Media24-afdeling wat die toep en ander bou.

6 Oktober 2011

3
 
 
  • 2265 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Janbez
20 Jan 2012 12:33

Louis,
Ongelukkig is dit nog nie op die kaarte nie.
Grote
Jan Bez

  • antwoord
Louis Grobler 
19 Jan 2012 15:55

enige idee wanneer dit beskikbaar sal wees op android?

  • antwoord
corlivdm
26 Okt 2011 08:42

Hi DJ
Op die oomblik is dit net beskikbaar op die iPad maar daar is `n sterk moontlikheid dat dit later op Android beskikbaar sal wees.
Groete,
Corli van der Merwe

  • antwoord
DJ van der Linde 
25 Okt 2011 18:01

Gaan dit dalk in die toekoms beskikbaar wees vir Androit? Soos om op n Samsung Galaxy Tab 10.1 te kan sit. Dit sal baie handig en gerieflik wees. Dankie

  • antwoord
Janbez
13 Okt 2011 13:35

Hi Ernest,
Aanvanklik net op die iPad.
Jan Bez
landbou.com

  • antwoord
Ernest Steyn 
12 Okt 2011 16:16

sal hierdie applikasie ook vir ander tablet gebruikers beskikbaar gemaak word bv (blacberry playbook)

  • antwoord
Steyl Willemse 
08 Okt 2011 08:28

Ek gebruik die Landbou Toep (App) al so rukkie. Ek het al meer as wat ek gedink het ek sou, artikels in die argiewe gaan soek en lees wat n handige databasis is. Die weervoorspelling is ook handig en die kaarte maak dit maklik om die algehele prentjie te sien. Die hele Landbouweekblad is op Zino, n toepassing op die iPad wat tydskrifte gelees word. Maar die Landbou Toepassing is n een stop aplikasie vir baie handige inligting van die weer top mark pryse. Daar is goeie werk gedoen, wel gedaan!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 9 Oktober 2009
  • Goedkoop windpomp met g'n nasorg
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction