Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Breëband-internet vir platteland

 
Die toring regs bedien Swartlandse boere.
Die toring regs bedien Swartlandse boere.

Plattelanders hoef nie meer die lippe af te lek as stadsjapies oor breëband-internettoegang gesels nie: Dié tegnologie is beskikbaar en die regte instansies kan dit bekostigbaar op die platteland installeer.

De einde van die droogte is in sig: Ons verwys hier na die sogenoemde “droogte” vanbreëbandinternettoegang wat nie geredelik in landelike gebiede beskikbaar is nie. Internettoegang, en veral breëband-internet (dit verwys na ’n vinnige verbinding met die internet wat heeltyd aan is, sonder dat jy met ’n telefoonoproep hoef in te skakel), is deesdae eerder ’n noodsaaklikheid as ’n luukse.

’n Mens gebruik breëband-internet om gratis telefoonoproepe te maak na familie, plaaslik of oorsee, om banksake te doen, aandele te koop en vir ontspanning en vermaak. Maar wat doen ’n mens as jy op ’n plaas woon en die tradisionele dienste is nie in jou gebied beskikbaar nie?

Tradisioneel word breëband-internetverbindings verskaf deur Telkom (met sy DSLdiens) en die selfoonnetwerke (met behulp van 3G en HSDPA). Die infrastruktuur vir dié stelsels is baie duur en die netwerkoperateurs beperk dus hul werksaamhede tot stedelike gebiede en gebiede met ’n hoë bevolkingsdigtheid.

Nuwe oplossing
Gelukkig is daar ’n nuwe oplossing - ’n oplossing wat reeds vir duisende mense bekostigbare en betroubare breëband- en telefoonverbindings bied. Dié tegnologie is Wi-Fi of Wireless LAN. Die meeste mense ken dit as ’n kort-afstand-tegnologie wat gebruik word om draadlose netwerke binne kantore en huise tussen rekenaars op te stel. Deur die regte produkte en antennas te gebruik, kan dié tegnologie ook gebruik word om groot gebiede te dek en om verbindings oor lang afstande te skep.

Die eindresultaat is draadlose netwerke, wat baie hoëspoed- en betroubare verbindings bied teen ’n fraksie van die infrastruktuurbeleggings van voorheen. Dit het die deure oopgemaak vir honderde, kleiner maatskappye om netwerke op te rig en breëband-internetdienste te verkoop. Dié maatskappye kan bekostig om die dienste te bied in afgeleë gebiede en gebiede waar die bevolking minder dig is omdat die kapitaaluitleg vir dié infrastruktuur so laag is.

Die Regering het in November verlede jaar meer as 300 lisensies aan kleiner maatskappye uitgereik om juis hierdie dienste te bied. Dit beteken dat honderde kleiner maatskappye ’n wonderlike sakegeleentheid het om wettige internet-, data- en telefoondienste te bied in gebiedewaar die groot netwerkoperateurs dit nie kostedoeltreffend kan doen nie.

Dié draadlose netwerke kan sonder enige lisensies op jou eie eiendom gebruik word. Enige persoon kan nou sy eie draadlose netwerk op een eiendom bou, byvoorbeeld tussen die skuur, kantoor, huis en hek.

Kostedoeltreffend
Omdat die netwerk nou ’n internetplatform (IP) is, kan data, telefone en videokameras vir veiligheid oor hierdie netwerk gebruik word. Die produkte is kostedoeltreffend, maklik om te installeer én te onderhou en is betroubaar.

Dit is belangrik om seker te maak dat die diensverskaffer wat jy kies oor die nodige lisensies van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) beskik. ’n Diensverskaffer behoort ook lid te wees van ’n verteenwoordigende en erkende nywerheidsorganisasie.

Wanneer jy met ’n internet-diensverskaffer of ’n draadlose internet-diensverskaffer (Wireless Internet Service Provider - Wisp) onderhandel, moet hy ’n lisensie vir elektroniese kommunikasiediens (Electronic Communications Service Licence - ECS) hê, terwyl die Wisp ook ’n lisensie vir elektroniese kommunikasie-netwerk (Electronic Communications Network Service Licence - Ecns) moet hê wat deur Okosa uitgereik is. As jou diensverskaffer lid is van ’n nywerheidsliggaam, soos die Internetdiensverskaffersvereniging (ISPA), is jy verseker van verdere beskerming.

Wie kan help?
Patat by CompuMission is ’n gelisensieerde internet-diensverskaffer. Hy verskaf al langer as vyf jaar diens aan veral boere en ander organisasies en ondernemings op die platteland om die vinnigste internetdienste te bekom.

Patat staan boere oral in die land by om hul eie netwerke op te rig. Hy verskaf ook volhoubare ondersteuning om sulke netwerke aan die gang te hou. Dit maak dit dus vir boere onnodig om professionele kennis oor die netwerk te bekom. Slegs een mens met ’n basiese kennis of gewilligheid om te leer is nodig om met die bystand van CompuMission só ’n netwerk te bestuur.

Patat het, byvoorbeeld, gehelp om die internet vir mnr. Chris Isted van Barkly-Oos te ontsluit, soos beskryf in ’n artikel, “Vinnige internet - selfs in boendoe”,in Landbouweekblad van 14 Augustus 2009.

Miro (www.miro.co.za) verskaf al die toerusting wat vir hierdie netwerke nodig is en met die samewerking van CompuMission (www.patat.co.za) verskaf hy ook doelgerigte opleiding aan nuwe netwerkeienaars. Bestaande netwerkeienaars kan by CompuMission vir hulp aanklop.

Navrae: e-pos: projekbestuur@patat.co.za, tel. 086 111 4207.
● Mnr. Johann Lemmer is die diensverskaffer van CompuMission.

7 November 2009

4.333335
 
 

Kommentaar

johannlemmer

CompuMission is besig om internet toegang netwerke oral oor die land op te sit. Belangrike infrastruktuur word so geskep vir internet en telefoon dienste wat vir 'n slag werk. Selfs ongelisensieerde netwerke sluit by die Compumission netwerke aan. ICASA beplan onder druk van gelisensieerde netwerke om toe te slaan op die ongelisensieerdes. In so 'n geval word die infrastruktuur van die skuldiges verwyder. Sleg as 'n man skielik sonder telefoon en internet is omdat jy iemand ondersteun wat hom nie aan die wet steur nie. Miskien moet ons begin om orals wetteloosheid te bestry.

Janbez

Henk,
Kontak gerus vir Johann op die e-pos of selfoonnommer hierbo.
Jan

HENK VAN DER MERWE 

EK STEL OOK BAIE BELANG IN SO'N DIENS.ONS BLY OP 'N SENDINGSTASIE IN DIE NATAL MIDLANDS. DIS TUSSEN STANGER EN GREYTON. Watter diensverskaffer dek daardie area?

Giepie (Marchand, Noord-Kaap) 

Ek het bestaande (Telkom) internet (nie Breëband nie) Hoe lyk die koste en voordele vir bestaande gebruikers.

Etienne van der Westhuizen (Internet Generation) 

Internet Generation lewer dieselfde dienste in die Suid-Kaap en ook gedeeltes in die Oos-Kaap vanaf Port Elizabeth tot Uniondale. Kontak ons gerus by 082 9211 701 of 082 826 0258.

Retha 

Ons woon 5km buite Kakamas, en aangesien Telkom se lyne met kinkels en kabels loop val ons net buite die adsl opvangsgebied. Is hier so `n netwerk wat ons kan gebruik?

Janbez

Kontak vir Johann Lemmer, op die kontakbesonderhede in die artikel hierbo.
Jan Bez, landbou.com

Onbekende besoeker 

Ons stel belang in so 'n diens. Ons plaas is gelee teen die Oranjerivier tussen Douglas en Prieska. Watter diensverskaffer dek daardie area?

Callie du Preez (Route 63 Internet) 

Ek kan nie dink hoe enige besigheid/boer sonder breëbandinternet kan werk nie. Die koste daarvan sal meer as verhaal word uit besparings wat daardeur teweeg gebring word. Die dag se nuwe koerante en tydskrifte is onmiddellik op die plaas beskikbaar. Rekeninge kan van die plaas af betaal word deur die banke se internetdiens. Die internettelefoondiens maak boere in 'n groot mate onafhanklik van Telkom se steelbare koperdrade. Navorsing oor feitlik enige onderwerp is moontlik met Google. Enige iets is moontlik!
(Route 63 Internet verskaf breëband internet in die Somerset-Oos, Cradock, Bedford, Mortimer en Adelaide omgewings in die Oos-Kaap. Kontak my by 042 243 2322)

johannlemmer

Die koste vir die tipe verbinding vergelyk baie goed met die van 'n soortgelyke adsl verbinding

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.