deur GERRIT SCHAAFSMA
20 September 2012

1297 keer gelees | 1 kommentaar

Presisieboerdery is 'n belangrike neigings in die landbou. Hoe moet die boer sy rol sien in die manier van doen?


Boerdery word tradisioneel as meer as net ’n beroep beskou. Dit is ’n lewenstyl. Anders as byvoorbeeld rekenmeesters of prokureurs wat op sagte leerstoele in lugverkoelde kantore werk, is die landbou ’n beroep wat dikwels fisieke inspanning verg. Boere moet elke oggend hul huise verlaat en na die stand van sake op hul plaas kyk. Maar hoe lyk die toekoms? Gaan boere binnekort eerder lessenaars as trekkers bestuur? John Deere dink so en is besig om dit ’n werklikheid te maak.

In ’n advertensie wat dié werktuigvervaardiger vir die mark in Amerika geskiet het, beeld dit ’n toekoms uit waar die rol van die boer oorgeneem is deur ’n rekenaar en die boerdery heeltemal gemeganiseer is. Al wat ’n boer hoef te doen is om ’n rekenaar se besluite goed te keur. Hy hoef feitlik nie die huis te verlaat nie. 

Boerdery is reeds besig om in dié rigting te beweeg en met goeie rede. Presisieboerdery is een van die belangrikste neigings in die landbou oor die wêreld heen. Dit het ontstaan as gevolg van die inligtingstegnologie-revolusie wat reeds in die 1960’s begin het toe die eerste satelliete gelanseer is. Globale Posisioneringstelsels (GPS) en Geografiese Inligtingstelsels (GIS) het dit maklik en goedkoop vir boere gemaak om gedetailleerde inligting oor hul boerderye te bekom. Data wat oor toestande op plase versamel word, kan saam met satellietkaarte gebruik word om boere ’n baie beter idee te gee oor grondtoestande, plantegroei, watergebruik, die moontlike oes en veel meer.

Die data word met rekenaarprogramme verwerk om nuttige inligting aan die boer te verskaf. Die voordele van presisieboerdery kan enorm wees omdat dit boere in staat stel om, waar nodig, in te gryp en spesifieke probleme op te los. Boere kan data insamel oor landerye en tot die naaste vierkante meter bepaal watter areas meer kunsmis nodig het as ander. Dan kan hulle hul werktuie programmeer om verskillende hoeveelhede kunsmis op die verskillende areas toe te dien. Die werktuig kry inligting van ’n GPS oor presies waar dit op die landery is en sal outomaties die kunsmis op die regte plek toedien. Een van die dae sal ’n boer nie eens die studeerkamer hoef te verlaat om sy boerdery te bedryf nie.

Maar wat gaan verlore as gevolg van al die tegnologiese vooruitgang? Wat van die band wat die boer met sy plaas het? Baie boere dink graag aan hulself as rentmeesters van die land en heg groot waarde aan die noue band wat hulle met hul grond het, ’n band wat dikwels al geslagte lank gevestig is. Wat gaan in die toekoms van dié verbintenis word? 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/09/21 02:51:23 PM

Daar was altyd 'n gesegde dat 'n suksesvolle boer se spore op sy lande le - sal al hierdie tegnologie die boer se oë vervang ? - as kind het ek altyd geglo dat op Mars sulke mannetjies en boere is - maar tot nou toe nog niks gesien !!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights