|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Landbouweekblad is lank nie meer die enigste plek om jou landbou-advertensies te plaas nie – jy kan dit nou óók digitaal doen!
Maar hoe werk dit? ‘n Adverteerder kan, soos voorheen, ‘n advertensie vir Landbouweekblad via Landbou.com invul en betaal. Dié advertensie word vir die webwerf gedupliseer en die kliënt kan dit verryk deur meer teks, foto’s, logo’s en ‘n Google-adres by te voeg. Dié byvoegings vir die webwerf-weergawe van die advertensie is gratis.
Die kliënt kan sy web-advertensie daarna nóg ‘n stap verder neem deur dit as Premium-advertensie te laat vertoon. Premium-advertensies word prominent bo-aan die tuisblad vertoon, sowel as in die spesifieke kategorie. ‘n Premium-advertensie kos R100 ekstra, BTW ingesluit.
Die nuwe webwerf bied ‘n baie makliker opsie om advertensies vir die tydskrif se geel bladsye te bespreek – eerder as om met ‘n faksmasjien te sukkel.
Besoek die webwerf by http://geklassifiseerd.landbou.com en kyk hier na ‘n video oor die webwerf.
25 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)