3 Augustus 2010

3177 keer gelees | 0 kommentaar

Die onlangse Nasionale Plaaswerkersberaad het ‘n paar besprekings op Landbouweekblad se Facebook-blad ontketen.


Die onlangse Nasionale Plaaswerkersberaad het ‘n paar besprekings op Landbouweekblad se Facebook-blad ontketen.

Lees aanhangers se opmerkings en sê jou sê oor dié saak. Jy kan ook by Landbouweekblad se Facebook-blad aansluit deur ‘n profiel op Facebook te skep en ‘n aanhanger van die blad te word.

Artikel: Tina stig fonds oor diskriminasie
Onduidelikhede bestaan oor die aankondiging van ‘n fonds vir plaaswerkers tydens die onlangse plaaswerkersberaad in Somerset-Wes.

Wilna Strauss sê: Sy moet sommer kyk na seksisme ook. Ek is ‘n vrou en volgens die grondwet OOK ‘n AGTERGEBLEWENE. VERAL IN D LANDBOUSEKTOR! So ek wag vir ‘n besoekie om my agtergeblewenheid te bespreek. Dan kan ek ook ‘n bietjie staatshulp kry. En my dogters ook wat nou ook tot die bedryf toetree. TERWYL ALMAL SO BEGAAN IS OOR DIE ARME VROUENS OP D PLASE.
NS. ONS doen netso baie harde werk. Hande-arbeid, en onbeperkte ure, hoor!

Johan Uys Voigt sê: Wit-vroue en wit-manne is nou mos op gelyke voet, nou bly altwee maar huidige agtergeblewenes van die land weens REGSTELLENDE AKSIE en SWART BEMAGTIGING!
Elizabeth Viljoen sê: Wanneer gaan iemand iets vir die sogenaamde huisvrouens doen? Sover ek weet is daar nie 'n unie vir hulle nie. Ek werk al vir die afgelope 43 jaar. En geen hulp of salaris vir my nie.
Johan Uys Voigt sê: Elizabeth, huismanne soos ek doen al vir 45 jaar self huiswerk en dan word alles gedoen, nie net was stryk en skoonmaak nie... ons doen ook die tuinwerk, verfwerk, motoronderhoud ens. Daar is ook nie 'n unie vir ons nie! Kry ook geen ekstra salaris nie... maar doen alles van harte asof vir myself!

Grondsake: Gaan koppe rol? 
Nog bedankings of afdankings word in die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming verwag ná die beëindiging van twee grootkoppe se kontrakte.

Minda Reinet Bornman sê:
Ek weet net dit maak dit vrek moeilik vir my om 'n goeie spreker te kry met betrekking tot grondhervorming vir die AMT Landbouweekblad-konferensie!!!

Plaaswerkersberaad: Agri SA onttrek | Landbou.com
Ná die voorlesing van die resolusies op Saterdag, 31 Julie, het mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, aangekondig dat hy dit nié kan aanvaar nie en die organisasie aan die beraad onttrek. Die beraad is op Somerset-Wes gehou.

Wilna Strauss sê: WAAR kry die SPREKERS hul feite en statistieke vandaan? Op ons plaas werk net mans. Die omliggende plase is beesplase met net beeswagters. Hier woon weinig wit boere. Hul vrouens en gesinne woon meestal in die dorpe. Van die plaaswerkers het HOP-huise en daar is GEEN VROUENS en KINDERS OP D PLASE NIE. In groot areas van die land lyk dit nou al so. As daar so baie sogenaamde BOERE is wat dan nou menseregte skend, LYS die manne, dat die ander boere, of die georganiseerde landbou, hul kan vasvat omdat hul die beeld van landbou en die boer as sulks skaad. Maar om wêreldwyd te skree dat die boere in SA moor, verkrag, menseregte skend, is ongevraagd en ‘n SKENDING van die BOER SE EER en REGTE. Kan die SPREKERS MET FOUTIEWE DATA en VALSE, VERSKUILDE AGENDAS NIE OOK PAKSLAE KRY NIE? Wat sê die georganiseerde landbou? WIKS DAAI ANTIE SE STERE WAT ONS SO SKEL!

Tina: ‘Nie alle boere is sleg nie’
Suid-Afrikaanse boere is nie almal “sleg” nie, het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, tydens die nasionale plaaswerkersberaad erken. Met video.

Wilna Strauss sê: Rerig? Dit klink maar fishy: so asof sy wil sê: maar die MEESTE IS! Skelms, bedrieërs, leuenaars, moordenaars, verkragters, rowers, goddeloses en anti-christe! HOEKOM DIE NEGATIWITEIT? ? HOEKOM NI Sê: DIE OORGROTE MEERDERHEID VAN DIE BOERE IS MENSE MET INTEGRITEIT! nie? TINA, JY MOET BYKOM, DIS die JAAR 2010, en JY LEEF IN DIE VERLEDE!

Elna Dreyer ‎sê: ...en daar sterf ET, die Groot Boer!!! En hy het sy werkers mishandel, en 'n hongerloon betaal, en die dopstelsel gebruik, en... georganiseerde landbou het tot nou toe enige iets daaroor gesê nie. So wat moet die res van die land van boere dink?? Dat ons die gedrag van ET goedkeur? En dit het gebeur in 2010 en 'n blanke werker van ET het dit boonop gesê!

Wilna Strauss sê: Hahaha, dis met die minagting begroet wat dit verdien! Maar ja, ‘n interessante vraag! Hoekom het niemand van die georganiseerde landbou ondersoek ingestel na die aantygings nie? WAAR is die mense wat die landbou se beeld moet bou? Skielik voel ek baie alleen. . . .
Helena Naudé Potgieter sê: Ag asseblief wie is nou anyway beïndruk met met Tina se stelling -  wat nou eintlik wat beteken?

Willem Pretorius sê: Ek wonder ook of dit nie sou beter klink om te sê "nie alle boere is goed nie", want ons weet mos die witman op straat is ook mos 'n boer en jammer om te sê ek word onder hom geklassifiseer as 'n boer en ek het nuus vir haar. Pick ‘n Pay gaan opdroog, ou girl, die kos val nie uit die lug nie. Manna uit die hemel is verby.

Andre Geldenhuys sê: Helena, ek sal dit aanvaar as sy my gelyk gee dat alle ANC-ministers ook dalk nie p******** is nie?

3 Augustus 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights