Fotokompetisie: Hier’s die wenner!

 

Uitstekende natuur- en landboufoto’s het hul opwagting vir landbou.com se eerste fotokompetisie gemaak en die keuse was moeilik, maar die beoordelaars het hul besluit gemaak. Mnr. Robert Southey se foto van merinoskape - Morning merino’s - stap met die prys weg.

Met sowat 300 inskrywings was dit nie ‘n maklike taak vir landbou.com se fotokompetisie-beoordelaars om ‘n wenner vir die webblad se eerste fotokompetisie te kies nie. Al is daar net een wenner het was die inskrywings só goed dat ons ‘n spesiale galery van die beste foto’s uit te lig.

Hul besluit om mnr. Robert Southey se foto as die wenner aan te wys is gegrond in sy kreatiewe gebruik van lig, wat ‘n baie goeie atmosfeer skep. Hy stap met ‘n digitale fotoraam weg.

Mnr. Wicus Leeuwner, beoordelaar, meen “die merino’s sê boerdery” en die skape wat na die kyker kyk skep spanning. Southey se foto’s is ook tegnies puik en ‘n paar van sy inskrywings het ‘n plek in die wenfoto-galery.

Spesiale vermeldings:
Mnr. Robert Southey – Spring bales.
Mnr. Jan Branders – Perde.
Me. Marsy Olivier – Beeste in die mis.
Mnr. Andre Gerber – Swart bees teen berge.
Me. Erina du Toit – Sonneblomme teen sementfabriek.

Kyk na die galery van besonderse wenfoto’s en lewer kommentaar. Klik op elke foto om die beste weergawe van die foto te sien.

Kyk hier na al die inskrywings vir die kompetisie.

Wie was die beoordelaars?
Mnr. Theuns Botha, Landbouweekblad, is ‘n internasionaal bekroonde fotograaf met jare se ondervinding agter die blad.

Mnr. Wicus Leeuwner is ‘n boer en bekende professionele fotograaf.

13 November 2009

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.