Suid-Afrika se planne vir die produksie van skoner energie het ’n finansiële hupstoot van sowat R3,5 miljard van die VSA gekry. Die Regering se doelwit is om 4% van die land se elektrisiteit teen 2013 uit hernubare bronne te voorsien en kragdoeltreffendheid met 12% te verbeter teen 2015.
Van die projekte wat uit die beleggingsplan vir skoon tegnologie voordeel sal trek , is die beoogde omskakeling van 500 000 huishoudings van elektriese na sonverhitte geysers, ’n 100 MW gekonsentreerde sonkragaanleg by Upington, ’n 1 100 MW windplaas in die Wes-Kaap en finansiële aansporings vir belegging in energiebesparing.
10 November 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)