Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tegnologie / Gesels-saam-oor-die-ipad

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gesels saam oor die iPad

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Die iPad. Foto verskaf
Die iPad. Foto verskaf

Sedert die iPad in Suid-Afrika beskikbaar geraak het, het enkele landbouers ook dié tegnologiese “wonderwerkie” aangeskaf.

Landbouweekblad het ‘n gespreksgroep op die been gebring waar boere met mekaar oor dié tablet-rekenaar kan gesels, gedagtes uitruil en moontlik met voorstelle vorendag kan waaruit nuttige toepassings “apps” vir die landbou kan spruit.

Hieronder is enkele skrywes van landbouers wat deel van die gespreksgroep is. As jy belangstel om deel te neem, stuur jou naam aan janbez@landbou.com.

Diederik van Niekerk van Bloemfontein skryf:
My voorgeslag was almal boere uit die Prieska (Niekerkshoop-area) en deesdae bedryf ek (deeltyds) en my Pa 'n bees- en besproeiingsboerdery van nagenoeg 15 000 ha te Perdeberg (naby Petrusburg), omtrent 150km vanaf Bloemfontein en 40km vanaf Kimberley.

Ek het dus grootgeword in die boerdery maar is ook 'n gekwalifiseerde apteker and farmakoloog en bedryf my eie profesionele konsultasiebesigheid. Ek is 'n "techno-junkie" soos die Engelse sal sê en gebruik al iPhone en Apple-produkte (en meer onlangs die iPad) sedert 2006. Ek wend myself pro-aktief aan om te verseker dat my iPhone 4 en iPad en hulle toepassings, my lewe en werk optimaliseer en ek kan nie meer sonder hulle klaarkom nie! Ek het ook vir twee jaar in Australië gewoon en gewerk (2008-2009) waartydens ek saam met 'n kollega wat ook deeltyds boer buite Melbourne, baie kon leer oor die landbousektor in Australië, en weer eens die toepassing van tegnologie om dit te optimaliseer.

Die waardevolste toepassing van my iPad op die oomblik is seker vir die dokumentering en bestuur van my tyd (timesheet apps, bv. iTimesheet) wat vir my data en grafieke kan stuur na my e-pos in bv. Excel formaat en ook 'n kalender app "Calengoo" wat die kalender op my foon automaties sinkroniseer met my sentrale kalender.

E-pos is seker vanselfsprekend en ek bly in kontak met Whatsapp. Om oproepkoste so laag as moontlik te hou maak ek baie van die Skype-applikasie gebruik asook Viber (internet-oproepe). Op die plaas is die 3G nie altyd so sterk nie maar ons het 'n breëdbanddiens met 'n ordentelike Wi-Fi router aangebring en dit is waar my Wi-Fi baie tot sy reg kom. Laaste maar nie die minste nie, is ek voortdurend op die web en ek besoek en verkry inligting van enige webwerf moontlik. Ek hou baie van Safari - het al ander soos Opera probeer, maar verkies maar Safari.

Ek sien baie uit daarna om deel te wees van hierdie belangegroep. Dit is lekker om te sien ons bly nie agter wat die tegnologie betref nie, goepe soos hierdie lê 'n belangrike grondslag daarvoor. Dit was nogal 'n bekommernis toe ek teruggekom het van Australië af, maar danksy Media24 en Landbouweekblad kan ons dit hier aanspreek!

Daan Lindeque skryf:
Ek boer deeltyds in die Vredefort-koepel so 25km van Parys af. Ek is ‘n Nguni-teler en het Dome Land Nguni-stoetery op ons plaas. Ons is in die beplanningsfase om met inheemse bokke te begin boer. Dit is iets wat ek baie opgewonde oor is. ‘n Mens kan maar sê ons het ‘n redelike passie vir die inheemse spesies en rasse.

Ek dink egter ons sal eers die manne op skootrekenaars moet kry voor ons kan opgewond raak oor iPads, iPods of selfs die Apple tv wat ek moet sê, baie oulik is!

Wat die apps betref sal dit lekker wees as julle ouens vir ons ‘n paar dinge kan ontwikkel. Soos ek op die forum genoem het die iPad is vir my baie lekker gereedskap en ek gebruik die tablet baie. Inteendeel, die rede hoekom ek die iPad gekoop het was nie wel vir die boerdery. Ek loop basies met my kantoor, boeke en foto-albums saam met my in die veld rond. Ek dink vir enige boer wat werklik belang stel in sy diere is dit ‘n nuttige instrument.

Theuns Botha skryf:
Toe ek die iPad ‘n week gelede opgestel het, het ek gedink dit is die beste uitvindsel sedert moerkoffie. Ná die naweek wat ek dit ook op die plaas by Ida uitgetoets het, is ek nie meer heeltemal so seker nie – darem steeds beter as kitskoffie.

Op die GPRS-sein tussen Indwe en Elliot, het dit gesukkel. Om die jongste Landbouweekblad van Zinio af te laai het bykans 2 ure geneem. Ek dink die tydskrif is sowat 15Mg groot. Hoewel die sein nie tydens die aflaaiproses onderbreek is nie – ek het ‘n toring en “cradle” op die plaas om die sein te versterk (Vodacom). Ek kon ook nie van die apps soos, CNN en Radio’s ZA oopmaak nie.
Dus, as iemand op ‘n plaas woon wat nie minstens ‘n EDGE-verbinding het nie, gaan die neuk. My BlackBerry Torch werk baie vinniger op GPRS en EDGE.

Iets wat ek darem kon bemeester, was om my foto’s van my rekenaar deur iTunes op die iPad op te laai. Ook my gunsteling-musiek. As mens egter eers aan die BlackBerry gewoond is, is die aanpassing groot om die regte plekkies op die iPad en iPhone te vind om na die volgende stap oor te gaan.

Laastens, as mens te veel op die iPad gaan speel, dink ek hy gaan baie megagrepe sluk – swaar op petrol. Wonder of iemand weet van ‘n app om te sien, hoeveel data gedurende ‘n sessie afgelaai word. ( ‘n brandstofmeter). In die week wat ek dit het, sien ek in settings onder General, Usage, dat ek net in die week wat dit aan is, reeds 48,7 mb se data gestuur het, maar ‘n enorme 1,2GB ontvang het – met ander woorde my hele maand se kwota. Dalk sal dit afneem as ek minder gaan “speel” en net op werk fokus, of dalk laai dit “skelm” in die agtergrond data af, waarvan mens nie bewus is nie.

Maar ja, dit was lekker om die jongste Landbouweekblad wat teen R13 gekoop kon word by Zinio, reeds Vrydagaand te lees terwyl ek dit eers op die vroegste, Woensdag in die pos gaan kry. Lekker iPad vir die res van die span. Dalk het julle die antwoorde wat ek soek.

27 Junie 2011

5
 
 
  • 1541 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wes-Kaap kry re
  • 7 Julie 2010 (Pryse maandeliks bygewerk)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction