Deur ALANI JANEKE
31 Augustus 2012

721 keer gelees | 0 kommentaar

Tegniese ontwikkelaars moet die situasie rondom die stop van invoer van GM-mielies uit Argentinië stopgesit het, hanteer, sê die staat.


Die verantwoordelike gebruik van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse in Suid-Afrika is ’n kwessie wat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ernstig opneem.

Na aanleiding van kritiek deur die Vereniging van Veevoervervaardigers (Afma) teen die departement sê die departement hy kan nie sy verantwoordelikheid rakende veilige voedsel vir mens en dier op die kantlyn skuif nie.
 
Die organisasie het verlede week volgens ’n verklaring aangedui dat die departement “onaanvaarbaar” stadig vorder met die registrasie van GM gewasse en die regulatoriese stelsel. Volgens Afma lei dít daartoe dat die land tans nie mielies van Argentinië, Brasilië en Amerika kan invoer nie. Kommer word uitgespreek oor hoe dié situasie die land se voedselpryse en gevolglik bestendigheid in gemeenskappe kan raak.
 
Die organisasie verwys in sy verklaring na die staat as masjinerie wat vir die bedryf moet werk, maar wat tans nie behoorlik werk nie.
 
Kommer
Luidens ’n verklaring sê die departement hy is bekommerd oor Afma se stellings, aangesien die departement moet optree binne die beperkings van die Wet op Geneties Gemanipuleerde Organismes (wet 15 van 1997).
 
In die verlede was Suid-Afrika en Amerika gesinkroniseer ten opsigte van die aantal GM-gewasse wat in dié lande toegelaat sou word. Dié situasie het intussen verander, en volgens die departement kan graaninvoer van lande wie se GM-bepalings van die plaaslike verskil, nie toegelaat word nie. Dié situasie het ook in Argentinië voorgekom, derhalwe is graaninvoer van Amerika en Argentinië gestaak.
 
Aansoek
Volgens die departement het hy die afgelope tien maande herhaaldelik aan Afma aangedui dat hy sy kommer aan tegnologie-ontwikkelaars moet rig, aangesien die goedkeuring van GM gewasse ’n sakebesluit van dié groepering is.
 
“In dié stadium kan die 'staatmasjienerie' wat AFMA as onvoldoende beskou nie veel doen nie, behalwe as ’n aansoek by die tegnologiese ontwikkelaars ingedien word vir die nagaan van die situasie wat die desinkronisasie tussen Argentinië en Suid-Afrika tot gevolg gehad het,” lui die verklaring.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights