Grootste windplaas kry teenstand

 
Turbines op 'n Hollandse plaas.
Turbines op 'n Hollandse plaas.

Alles dui daarop dat die omgewingsimpakstudie vir ’n beplande windplaas in Mpumalanga nog redelik wind van voor te wagte kan wees.

Gedeeltes van die plase Burgershoop en Elandspoort, sowat 35 kilometer noord-wes van Volksrust in Mpumalanga, is geoormerk vir, sover bekend, Suid-Afrika se grootste windplaas nóg. Volgens dokumente word beoog om 116 windturbines op die plaas van sowat 1 700 hektaar op te rig.

Benewens die windturbines, wat 126,5 meter hoog sal wees, is daar sprake van ’n subkragstasie met ’n vermoë van 11 kilowatt en laespanningkabels van 1 000 Volt.

Me. Caroline Holman van die plaas Weltevrede, ’n buurplaas van die beoogde windplaas, is erg omgekrap oor die manier waarop die betrokkenes ingelig is asook oor die geweldige nadelige invloed daarvan op die omgewing, die diere en die mense waarvan sy op die internet gelees het.

Sy sê volgens die internet beïnvloed die windturbines se geluide en magnetiese veld mense en diere beslis negatief. Dit lei tot glo onder meer tot hoofpyne, slaaploosheid, stress, uitputting, duiseligheid, depressie, oorsuisings, hartkwale, angsaanvalle en migraine. Die magnetiese veld veroorsaak versteurings vir mense, diere, vlermuise, visse en voëls.

Me. Isabel Hough van K2M Environmental (Pty.) Ltd. van Rustenburg in Noordwes doen die omgewingsimpakstudie vir die windplaas. Hough sê alle besware moet in aanmerking geneem word vir die impakstudie wat van 12 tot 18 maande kan duur om af te handel. Indien geen besware teen ’n projek aangeteken word nie, is dit redelik eenvoudig en word bloot ’n verslag geskryf en ingedien.
Wanneer besware aangeteken word, soos in hierdie geval, moet elke beswaar afsonderlik ondersoek word. Dit kan die omgewingsimpakstudie met ’n paar maande vertraag, sê Hough.

2 November 2009
 

2.5
 
 

Kommentaar

Andries Groenewald 

Die syfers in die nuusberig kom alles uit 'n dokument met die titel: 'Application for Environmental Authorization: Proposed wind energy facility near Volksrust in the Mpumalanga Province'.
Ek kan aanvaar dat die 11 kw substasie en die laespanningkabels van 1 000 V die wenkbroue laat lig. Ek lei af dat dit moontlik die waardes is wat per windturbine ter sprake is en dat elke windturbine straks 'n eie substasie het.
Interessant is dat, op 'n ander plek in dieselfde dokument, gepraat word van die skep van infrastruktuur vir die opwek van elektrisiteit met n lewering van 20 megawatts of meer en van 'the transmission and distibution of above ground electricity with a capacity of 120 kilovolts or more'. Meer inligting is beskikbaar by Isabel Hough wat met die omgewingsimpakstudie gemoeid is by isabel@2km.co.za .

koringkriek 

11 kilowatt???????

Janbez

In April 2006 het Kees Vlot, ‘n Hollandse melkboer, die volgende antwoord aan die gespreksforum gestuur oor die windturbines wat op plase in Nederland opgerig is:
"Gemiddeld kry 'n boer op 'n goeie windryke plek so bykans R200 000 tot R275 000 vir die molen per jaar (sonder dat dit eiendom is, en dus geen investeringskoste). Dis 'n lekker besigheid!
"Helaas is dit bijkans onmoontlik om nou nog 'n windmolen te bouw op jou erf. Hulle gee geen vergunnings meer af. Daar word alleen nog windmolen "parken" gebouw. So omtrend 'n 10 molens op 1 rij.
"Ek dink die geluid sal ni die probleem wees. Jy moet net seker maak jou huis staan ni in die skaduw van die Bladen. Die skaduw van die son sal jou mal maak!"
Lees meer hier: http://www.landbou.com/blog/windkrag-holland

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.