Diegene wat moeg gesoek is na landbou-inligting en landbouverwante-webwerwe kan nou van ‘n nuwe webwerf gebruik maak.
Dié webwerf – www.boer-met-die-internet.com - is`n handige hulpmiddel vir bedrywige produsente en boere wat nog nie soektogte op soekenjins onder die knie gekry het nie, of sommer net ‘n kortpad wil neem deur middel van `n verbruikers-vriendelike webnetwerk om nuttige landbou-webwerwe in Suid-Afrika te besoek.
Twee entrepreneurs het met heelwat vernuf en baie sweet dié webwerf geskep. Die webwerf is daargestel om webbesoekers te help om vinnig by ‘n spesifieke produk of kategorie in die landbou uit te kom, sonder om op ‘n soekenjin rond te ploeter en nie te vind waarvoor hul soek nie.
Dit geld veral boere met stadige internet-toegang. Mnre. Stoffel du Toit en Arrie de Klerk van Hermanus weet hoe boere se kop werk en het dié webwerf gebou met dit in gedagte. Die webwerf se indeks is ‘n nuttige hulpmiddel wat ‘n alfabetiese lys van ‘n magdom onderwerpe in die landbou aanbied.
Van die onderwerpe op die lys is so wyd soos aalwyne, batterye, donkies, slakke, pompe, wyn en nog vele meer. Indien iemandbyvoorbeeld op die opskrif “Donkies” klik, word ‘n lys van webwerwe vertoon waar donkies die onderwerp is. Die besoeker kan dus binne ‘n ommesientjie suksesvol by ‘n webwerf uitkom wat ‘n diens aanbied waarna hul soek.
Baie harde werk het in dié webwerf ingegaan. Die beeste-afdeling het ‘n lys van al die rasgenootskappe se webwerwe, en ‘n mens kan klik totdat jy by die genootskap se lys van geregistreerde telers uitkom.
Daar word ook voorsiening gemaak dat elke teler hul eie webwerf onder die spesifieke afdeling kan adverteer. Van die ander interessante onderwerpe op die indeks is bv. kompos, waaronder verskeie webwerwe van instansies wat kompos maak en verkoop. Die volledige indeks beslaan alreeds ongeveer 300 onderwerpe. en sal die besoeker beslis die moeite loon.
“ Boer-met-die-internet ” bied ook `n koste-doeltreffende advertensiegeleentheid aan vir korporatiewe kliënte, instansies wat produkte of goedere vervaardig en produsente of ander persone wat geklassifiseerde advertensies op die webwerf plaas en via die internet betaal. Vinnig en veilig.
Besoek self hierdie webnetwerk by www.boer-met-die-internet.com.
4 Januarie 2009
Kommentaar
2010 gaan `n moeilike jaar vir graanboere wees.Ons het alle hulp moontlik nodig.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)