|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Hoekom alternatiewe energiebronne gebruik, word gevra op Landbouweekblad se e-posforum. Francois Holloway vertel hoekom dit vir hom ’n goeie keuse is.
“Ons huiwer nie om ’n motor van R400 000 te koop, en dan nog oor vyf jaar of so af te betaal nie. Ons weet die belegging werk ná die vyf jaar op ’n negatiewe syfer uit.
'n Belegging
“As jy R400 000 aan ’n sonpaneelstelsel kan bestee, sal jy nog jou belegging se opbrengs ná 20 jaar sien. Ons is bereid om duisende rande te bestee aan goed wat nooit regtig ’n opbrengs lewer nie, bv. ’n swembad, ’n hoëtroustel, LCD TV’s, ens. Jy hoor nooit dat die verskaffers vir die kliënte sê dat hulle hul geld mors nie.
“Die hoofrede daarvoor is omdat mense oningelig is oor sonpaneelstelsels, hoe hulle werk en wat die beperkings is. Ek het al ’n hele paar mense reggehelp, want hulle word wolhaarstories vertel. Ek is tevrede met my stelsel, ons het daarby aangepas en ek weet ek spaar geld, want ek kry nie ’n kragrekening nie.
“Ek het ons arbeidershuis ook met ’n sonpaneelstelsel toegerus en nou kan hulle TV kyk en beligting in die huis hê. Twee van die boorgate is met sonpaneel-pompstelsels toegerus, daar is nooit ’n tekort aan water nie.
Koste
“Net die koste om ’n kabel van die huis af na een van die boorgate aan te lê sou meer wees as om ’n pomp wat met ’n sonpaneelstelsel werk in te sit. Soos met enige tegnologie moet jy by die stelsel aanpas, die stelsel kan nie by jou aanpas nie.
"Eers moet jy besluit wat jy regtig met krag van die sonpaneelstelsel wil aandryf, bv. ligte, yskas/vrieskas, TV, wasmasjien, skootrekenaar, die laai van batterye vir elektroniese toestelle of jou elektriese kombers in die winter. Alle ligte moet die CFL- of LED-tipe wees, jou yskas of vrieskas moet die A+-tipe wees.
"Jy moet jou TV verkieslik net aanskakel wanneer jy eintlik sit en kyk. Verkoop jou mikrogolfoond en water moet met krag van die sonpaneelstelsel of gas warm gemaak word. Kook of bak met gas.
“Wat jy eintlik moet doen, is om jou lewe eenvoudiger te maak, sonder al daardie goed wat krag vreet."
4 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Diefstal: Ons is 'n ingenieurs-ontwerpmaatskappy en werk aan metodes om sonpanele te beveilig teen diefstal. Dit is nie maklik nie, maar ons stelsels werk reeds verskeie jare in moeilike dele van SA. Ons is tans besig om die stelsel te kommersialiseer.
Oorweeg die volgende stelsel.
1. Gaan oor na Landrat 4 en gebruik evkom dan net vir sweis en driefase apparaat. Hier is ook beperking vir ekononiese gebruik. Kontak eers Evkom vir fyner besonderhede. Dit kan ook ingeval van nood vir huishouding gebruik word bv die familie kom kuier
2. Vir die huis gaan oor na battery stelsel en gas.
3. Bou 'n donkie of sonpaneel warmwaterstelsel. Brand in die donkie al die afvalpapier en plastiek, Daardeur sal jy ook minder hout gebruik en die werf skoonhou.
Sweismasjiene en elektriese toerusting kan met 'n kragopwekker voorsien word. Selfs al skyn die son nie weens wolke kan battery banke gelaai word snags. Wasgoedmasjiene word tydens 12 uur en 1 uur bedags gebruik omdat krag deur die inverter nie meer gestoor kan word nie weens 'n surplus.
My vraag is slegs een, naamlik wanneer verskyn daar 'n artikel wat mense instaat sal stel om totaal "off grid" te gaan wat behels die gebruik van hernubare energie, riool, watervoorsiening, boumateriaal, konstruksie ens.
Besoek gerus die volgende skakel om self n berekening te doen hoeveel panele, batterye ens.benodig word vir n verlangde stelsel.
http://www.solarpanel.co.za/solar-power-calculator.htm
Goeie artikel. 'n Hernubare energie projek kan 'n tegnologiese oplossing, sowel as 'n goeie langtermyn belegging wees. Dit is daarom 'n goeie begin om eers 'n vatbaarheids-studie te doen. Dit sal bepaal of die projek tegnies kan werk en ekonomies vatbaar is. Daar is spesialis firmas wat daarin spesialiseer – soos dié waar ek werk. Enige boer wat meer wil weet kan my gerus kontak by rwentzel(at)greentown.ca - vir gratis advies of hulp.
Ek stem saam met alles, maar die stelsels het verseker beperkings. Diefstal van die panele(soos ek verstaan is dit die grootste enkele uitgawe) asook die aanvanklike kostes. Dit is goed en wel om so 'n stelsel te installeer waar jy bly, maar op plase wat afgeleë is en veeposte weet ek darem nie. Gaan die stelsel nie 'n kriminele element na die grond toe trek nie?, en sodra die panele gesteel is, gaan die ou sommetjie ook saam met die son onder. Waar sit jy dan.?
Ek het twee vrae, bestaan daar al 'n paneel wat nie die moeite werd is om te steel nie ? Het u dalk 'n paal ontwerp wat diefstal van die panele kan verhoed ?
Ons is gereeld op die onderwerp en die twee bogenoemde vrae bly onbeantwoord.?
Groete
Wat is die kapasiteit van die sonkragstelsel wat benodig word om 'n gemiddelde huis mee toe te rus?
Ek worstel al lankal met die idee om Eskom vir groener weivelde te verruil. Ek sal eers self al my elektriese toestelle moet deurgaan en 'n opname maak van van die hoeveelheid kW wat ek gaan benodig.
My oond en stoof sal met gas toestelle vervang moet word, my dompelpomp moet met sonkrag vervang word. Eskom kan my geyser subsideer, maar hulle help met niks anders nie.
En wat van gereedskap? Jy sal beswaarlik sweismasjiene en "grinders" van inverters af kan laat werk.
Dit gaan voorwaar 'n klompie geld kos, maar ek glo ook dat dit op langtermyn BAIE goedkoper as die onbetroubare Eskom gaan uitwerk. Dink net hoe lekker dit gaan wees om steeds ligte aan te hê as die weer net begin dreun en al die bure in die donker sit en die rugby wedstryd op Supersport mis!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)