Deur JAN BEZUDENHOUT
15 Mei 2012

2725 keer gelees | 17 kommentaar

Boere wat ‘n iPad wil aanskaf, kan dit nou deur Landbouweekblad doen en boonop nuttige ekstras op die koop toe kry.


Boere wat ‘n iPad wil aanskaf, kan dit nou deur Landbouweekblad doen en boonop nuttige ekstras op die koop toe kry.

Landbouweekblad en MTN het ‘n spesiale iPad-aanbod vir ons lesers. Dié aanbod is vir die nuutste iPad, met WiFi en 4G-toegang, ‘n MTN Broadband 2GB-pakket vir data én die Landbou-toepassing.

Die voordeel van dié unieke aanbod is dat mense wat dié aanbod aanvaar, ‘n iPad ontvang wat reg is vir gebruik. Ná voltooiing van ‘n kontrak met MTN word die iPad volledig vir die spesifieke verbruiker opgestel. ‘n Simkaart wat toegang tot die 2GB-data-bondel bied, is deel van die opstelling. By ontvangs van dié tabletrekenaar kan die gebruiker dit bloot aanskakel en daarmee begin werk.

Drie modelle van die nuwe iPad is beskikbaar:
* 16 GB teen R395 per maand x24 maande (BTW ingesluit).
* 32 GB teen R435 per maand x24 maande (BTW ingesluit).
* 64 GB teen R475 per maand x24 maande (BTW ingesluit).

Enige belangstellende wat 'n iPad wil aanskaf, kan 'n e-pos rig aan mtn@landbouapp.com.

Die aanbod is onderhewig aan ‘n kontrak van 24 maande met MTN. Dit is tot 30 Augustus geldig, of solank voorraad hou.

 

15 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/29 09:27:23 PM

Ek wil net vir mense waarsku dat alhoewel jy data kry om te gebruik is dit nie te sê dat daar broadband ontvangs is nie. Ek het self 'n MTN broadband kontrak en alhoewel die betrokke winkel en MTN se webtuise dit baie duidelik gestel het dat daar ontvangs is, kry ek egter slegs GPRS, wat 'n mens glad nie toegang tot die internet gee nie. MTN se webtuiste is baie misleidend wanneer dit kom by ontvangs. So indien jy 'n kontrak wil uitneem vir die doel om teogang tot die internet te verkry, laat MTN 'n tegnikis uitstuur om seker te maak daar is ontvangs.


corlivdm

2012/05/25 10:16:25 AM

@Navraag Ons is tans besig met beplanning om die Landbouweekblad-toep op Android beskikbaar te maak. Ons al 'n aankondiging doen sodra die planne gefinaliseer is so hou dus Landbou.com en Landbouweekblad dop. Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Navraag

2012/05/25 09:31:06 AM

Wanneer gaan julle die Landbouweekblad app op Android platvorm beskikbaar maak ,daar is baie Tablet rekenaars wat volgens my dieselfde of selfs beter is as die Apple produk.


Onbekende besoeker

2012/05/22 04:21:26 PM

Microsoft office kan as 'n "app" afgelaai word, dan het jy Excel op jou iPad. Ek verstaan dit is nogals 'n belangrike punt vir die boere.


corlivdm

2012/05/18 01:16:56 PM

Die pryse wissel tussen die verskillende modelle en is per kontrakfooi per maand beskikbaar: Drie modelle van die nuwe iPad is beskikbaar: * 16 GB teen R395 per maand x24 maande (BTW ingesluit). * 32 GB teen R435 per maand x24 maande (BTW ingesluit). * 64 GB teen R475 per maand x24 maande (BTW ingesluit). Ons kan ongelukkig nie sê hoe lank dit sal neem nie, jy kan hieroor 'n e-pos stuur na mtn@landbouapp.com. Groete, Corli van der Merwe


Onbekende besoeker

2012/05/18 12:15:26 PM

Asw jy een bestel hoe lank sal dit neem, en wat is die prys, miskien is ek dom maar sien geen prys nie?


corlivdm

2012/05/18 10:51:15 AM

JVDW, ongelukkig is hierdie aanbod slegs by MTN maar die moontlikheid is nie uitgesluit vir een by Vodacom in `n latere stadium nie. Groete, Corli


JVDW

2012/05/18 08:24:28 AM

Die versoeking raak al groter... Ek sukkel egter om MTN op te vang. 'n Vodacom weergawe?


corlivdm

2012/05/16 03:52:13 PM

Mari, die iPad kom met sy eie 'operating system' en werk nie met Windows-programering nie. Die aanbod is slegs op kontrak beskikbaar.


Mari Janse van Vuuren

2012/05/16 12:17:01 PM

Word pakette soos Windows 97 ook gelaai? Kan die pakket eenmalig aangekoop word en 'n kontrak vermy word?


corlivdm

2012/05/16 10:15:00 AM

Dié aanbod is vir die nuutste iPad, met WiFi en 4G-toegang, ‘n MTN Broadband 2GB-pakket vir data én die Landbou-toepassing. E-pos gerus vir die relevante inligting. Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Onbekende besoeker

2012/05/16 10:02:53 AM

Is die MTN kontrak addisioneel tot die pryse hierbo genoem?


Bruce

2012/05/31 02:27:20 PM

Sal jy 2GB per maand kry vir 24 maande?


corlivdm

2012/05/31 02:38:52 PM

@Bruce Ja, jy sal elke maand jou 2GB kry vir 24 maande lank. Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Goedgedacht

2012/06/07 01:35:14 PM

Die pryse is goedkoper: http://www.myistore.co.za/iStore/Products_iPad_MTN.html


Hannes Gouws

2012/06/15 10:11:29 AM

Wil net vir mense en boere se dat om 'n ipad te koop is een van die beste goed wat jy kan doen. Dit vergemaklik jou lewe en organiseer al my take. Dit is my bank, laptop, organiseerder, speelding, kamera, alles in een. Ek het nou al 4 gekoop vir my en my mense. Jy weet nie wat jy mis as jy nie so iets het nie. Al my databasisse van my wilds boerdery is op gelaai en ek werk met hom in die veld. Kry een gerus.


Paul

2012/06/29 12:43:49 PM

Wat van 'n aanbieding op Samsung Galaxy tabs ook asseblief?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights