‘n Mens hoor soms van mense wat vir ure kan kyk hoe gras groei, of hoe verf droog word, om ‘n ‘n ongewenste take uit te stel, maar hier is iets ‘n bietjie meer opwindend... kaas wat verouder.
West Country Farmhouse Cheesemakers, ‘n kaasmakery in Somerset, Engeland, het besluit om die tradisionele proses wat hier gebruik word om cheddarkaas te maak, visueel aan te bied aan almal wat wil kyk. Die doel was om te wys hoeveel moeite en liefde dit neem om ‘n kaas op die tradisionele manier te verouder. Só is cheddarvision.tv gebore.
Hier kan jy kyk hoe tradisionele cheddarkaas verouder. Sowat 896 dae het al verloop sedert die begin van dié unieke stukkie film. Wedginald, die eerste kaas wat op dié manier verewig is, is deur sowat 1,7 miljoen mense van regoor die wêreld dopgehou. Hy het selfs ‘n Valetynsdag-kaartjie ontvang!
Wedginald is later opgeveil vir die BBC se Children in Need, maar hy is deur ‘n nuwe kaas vervang, wat nou met dieselfde aandag dopgehou kan word.
Klik hier om na cheddarvision.tv te kyk. Indien jy nie die geduld het nie kan jy ook na ‘n videogreep kyk waar die proses vinniger gebeur.
25 Junie 2010
Kommentaar
ek het al gehoor van mense wat vloerplanke dophou om te sien hoe hulle kromtrek, maar die kaasouens drink seker rooiwyn om in die regte stemming te wees as die kaas ryp is
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)