Landbou.mobi: Video-kompetisie

 
Pragtige natuur. Foto: ELIZE PRETORIUS
Pragtige natuur. Foto: ELIZE PRETORIUS

Het jy ‘n plaas waarmee jy wil spog of bly jy in ‘n pragtige deel van die land? Het jy interessante of snaakse diere (en mense) in jou lewe wie se kaskenades jy met ander wil deel? Fassineer die natuur en buitelewe jou?

As jy “ja” op net een van dié vrae antwoord, is Landbou.mobi se video-kompetisie die plek om jou videogreep te vertoon en ‘om in aanmerking te kom vir om ‘n lekker geskenkpak as prys los te slaan.

Besoek gerus landbou.mobi en kyk na die video’s in die Multimedia-afdeling. Bedryfsvideo’s en grepe vir pure vermaak sal jou vir ‘n hele ruk besig hou.

Hoe werk dit?
Neem ‘n videogreep met jou selfoon. Die greep mag nie langer as twee minute duur nie.

Die videogreep kan landbou- of natuurverwant wees en snaakse of unieke oomblikke is veral welkom. Almal geniet mos ‘n lekker laggie.

Onthou, die video moet jou eie wees en nie deur iemand anders geneem nie.

Jy kan die videogreep op drie maniere vir die kompetisie inskryf:

1. Laai die videogreep van jou selfoon af op jou rekenaar en e-pos dit na foto@landbou.com.

2. Gaan na YouTube, skep ‘n gratis rekening indien jy nog nie ‘n rekening het nie, en laai jou videogreep daar. Jy kan YouTube se webwerf (www.youtube.com) of mobi-werf (www.m.youtube.com)  gebruik.

Maak ‘n kopie van die url of adres bo-aan die bladsy. Besoek www.landbou.mobi se Multimedia-afdeling, klik op “Laai jou video hier”, vul jou naam en selnommer asook die adres van jou video in die gepaste blokkies en klik op “Stuur”.

Jy kan ook die YouTube-url na foto@landbou.com e-pos.

3. MMS jou videogreep na 082 499 4471. Die koste van die MMS-boodskap word deur jou diensverskaffer bepaal.

(Wenk: Onthou om jou selfoon se videokamera se instellings te verander om videogrepe per MMS of na sosiale netwerke te stuur, anders kan die greep te groot wees om te stuur.)

Klik hier vir die kompetisie se reëls.

17 Augustus 2010
 

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.