Landbouweekblad doen ‘n proeflopie om vas te stel hoe lesers die tydskrif in ‘n digitale formaat ervaar.
Die artikel-afdeling van die uitgawe van 21 Mei (tot bl. 64) is in ‘n digitale formaat opgestel en ons vra lesers om daarna te kyk en die twee vrae op die vraelys te beantwoord en terug te stuur. Geen van die geel bladsye is in die spesifieke projek opgestel nie, aangesien hierdie slegs ‘n proefneming is.
Een van die voordele om Landbouweekblad in digitale formaat te kan lees, is dat dit só reeds op ‘n Maandagoggend of vroeër beskikbaar kan wees, terwyl sekere lesers hul eksemplare eers later in die week kry.
Landbouweekblad wil graag lesers se menings oor dié verwikkeling kry. Klik op die skakels hieronder om dit te oop te maak en vul daarna asb. die twee vrae in sodat ons kan weet wat jy daarvan dink.
Lees die digitale weergawe.
Beantwoord die twee vrae en stuur terug.
3 Junie 2010
Kommentaar
Ek sit heerlik warm binneshuis terwyl dit spierwit gesneeu is hier in Kanada en danksy die internet, geniet ek Landbouweekblad ver buite Suid-Afrika se grense. Baie groot waardering.Groetnis
Danie 17 November 2010
Dink dit sal 100% werk
Dit is nog altyd wat ons van gedroom het hier in donker afrika. Dit is puik hoop dit kan werklikheid word, laat weet asb.
Plaaslyngebruiker,
Baie simpatie met jou, want ek dink juis vir boere in afgelee gebied sou so 'n projek soveel makliker gewees het. Maar, ons bly vertrou dat die platteland aanstons ook met breeband spog: Daar is ondernemings wat hulle juis hierop toespits.
jan bez, landbou.com
Beste Louis, Hierdie is nog net 'n proeflopie, die finansies van so 'n projek is nog nie bespreek nie. As iemand net op 'n digitale uitgawe wil inteken en nie die tydskrif ontvang nie, reken ek hy moet dit darem goedkoper kan kry.
jan bez, landbou.com
Dit maak baie sin en ek sou verwag dat die intekengeld goedkoper moet wees. Volumes is egter belangrik vir LBW se wins, so minder papier alleen gaan waarskynlik nie die prys verlaag nie ........ ???????
Als goed en wel, veral as jy 'n uitgawe gemis het. Ongelukkig kan ons dit nie kyk nie, tensy jy BAIE geduld en tyd het. Ons gebruik Telkom internet wat deur 'n plaaslyn loop. Uiters stadig en baie fustrerend, geen selfoon opvangs nie en "wireless" nog onbekostigbaar.
Dit is 'n baie innoverende stap vorentoe en wek terselfdertyd 'n omgewings-vriendelikheid met die feit dat dit nie meer sal nodig wees om soveel van die natuur uit te roei om dit op papier te kry nie! Wel gedaan!
Ek dink dis PUIK! Terselfde tyd spaar ons die bome en maak 'n bydrae tot 'n skoner land!
dit kan nogal werk maar dit bly maar net lekkerder om die tydskrif in die hand te hou en in die aand in die bed te lees
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)