Landbouweekblad se selfoonwebwerf Landbou.mobi bied nou ’n maklike manier om na videogrepe te kyk. Belangstellendes kan nou video’s op die mobi-werf op hul selfone aflaai en dit gerieflik op die foon se videospeler kyk.
Die meeste selfone kan foto’s, videogrepe en klankgrepe opneem en speel. Die soort videospelers wat gebruik word, wissel van die model en soort foon en daarom word alle video’s op Landbou.mobi in drie formate aangebied.
Stel eers vas of ’n selfoon video’s kan terugspeel en opneem deur die foon se handleiding te bestudeer of om die betrokke soort selfoon se webwerf te besoek.
Besoek die mobi-werf deur die woord “landbou” na 37503 te SMS. Die SMS kos 50 sent. ’n SMS word teruggestuur met die mobi-werf se adres. Lesers kan ook www.landbou.mobi in hul selfoon se internetblaaier intik.
Gaan na die multimedia-afdeling en klik op video’s. Volg die registrasie-proses vir toegang tot die video’s. Klik op die video waarna gekyk wil word se titel en gaan na ’n bladsy met drie weergawes van die video. Kies die nodige weergawe, klik daarop en die selfoon sal die video aflaai, speel en bêre.
Nuwe video's
Nuwe video's sluit in kort demonstrasies van GC Tillage se Organico-misstrooier en Caruelle-sproeier vir gewasse, asook 'n watersproeier van John Deere wat by die Val-boeredag ten toon gestel is.
9 Julie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)