Mobi: Satellietbeelde van weer

 
Die weer. Foto: KOOT MARAIS
Die weer. Foto: KOOT MARAIS

Landbouweekblad se selfoonwebwerf landbou.mobi bied nou hoë resolusie-satellietbeelde van die weer in Suid-Afrika en Afrika aan gebruikers.

Die weerbeelde is deur dr. Kobus Botha, bekende weerkenner, aan landbou.mobi beskikbaar gestel.

Lesers kan kyk na beelde van die weer oor Suid-Afrika, Botswana en Namibië, weerpatrone oor die Atlantiese Oseaan en Afrika, ’n voorspelling van reënval per uur oor die hele land, ’n infrarooikaart van plaaslike weer asook ’n weerkaart van Afrika.

Weerpatrone oor die Atlantiese Oseaan en Afrika

Hoë resolusiefoto van weer oor SA, Namibië en Botswana

Die satellietbeelde word daagliks ‘n paar keer bygewerk.

Hoe  kyk ek na die beelde?

Infrarooi kaart van SA

SMS die woord “landbou” na 37503 en ontvang ’n SMS met ’n skakel na die mobi-werf. Die SMS kos 50 sent.

Lesers kan ook die mobi-werf besoek Deur www.landbou.mobi in hul selfoon se internetadresbalkie te tik.

Klik op die skakel na die weerafdeling.

Klik op die skakel bo-aan die bladsy en gaan na die betrokke blad.

Kyk na ’n beeld van jou keuse deur op een van die skakels te klik.

Lesers kan elke beeld vergroot om byvoorbeeld wolkbedekking in hul omgewing te bestudeer of om na reënvalpatrone te kyk.

Voorspelling vir reënval per uur

Weer oor Afrika

Besoek ook landbou.com se Weer-bladsye vir meer van Kobus Botha se satellietbeelde van die weer.

16 Julie 2010

0
 
 

Kommentaar

Meld 

Keuse uit die verskillende stede is uiters beperk.Wat van die wye Karoo? Nie eers Beaufort Wes verskyn daar nie!! Dis juis ons boere wat die inligting wil he.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.