Deur JAN BEZUIDENHOUT
11 Augustus 2012

1077 keer gelees | 0 kommentaar

Die einde van die moratorium op lisensies vir gas-eksplorasie in die Karoo kan binnekort iets van die verlede wees.


Augustus is dalk die maand waarin die moratorium op lisensies vir binnelandse gas-eksplorasie gelig kan word, meen mnr. Jan Willem Eggink, hoofbestuurder van stroomop-werksaamhede van Shell Suid-Afrika.

Eggink het in Kaapstad gesê hy verneem in die media dat dié moratorium moontlik aanstons gelig kan word. Dit sal, volgens hom, die Regering in staat stel om hopelik teen die einde van die jaar eksplorasieregte vir hidrobreking toe te ken.

Indien Shell regte kan bekom om eksplorasie te doen, sal dit die volgende stap in dié internasionale rolspeler se soeke wees om skaliegas in die Karoo te ontgin. Maar, baie water moet nog in die see loop voordat dit moontlik is, sê Eggink. Ná die toekenning van lisensies moet omgewingsimpakstudies eers volg.

Miljoene dollar vir die projek
Eggink staan aan die hoof van Shell se projek om skaliegas in die Karoo te ontgin. Die maatskappy het sowat $200 miljoen Amrikaanse dollar vir dié projek geoormerk.

Eggink het al talle boere- en gemeenskapsgroepe oor Shell se voorgenome projek toegespreek. Volgens hom het die meeste mense met wie hy gesels het, ’n wanpersepsie oor hidrobreking en die gevolge daarvan. Hy sê Shell se internasionale reputasie is op die spel met die ontginning van skaliegas, sou dit in Suid-Afrika die groen lig kry. Die Karoo Aksiegroep opponneer enige hidrobreking in die Karoo.

Op ’n vraag of hy die wenk oor die moontlike opheffing van die moratorium van owerheidsweë verkry het, het Eggink gesê Shell het sy kontak met die staatsmasjinerie verbreek totdat die moratorium gelig word. Hy is terdeë daarvan bewus dat die Regering daarvan verdink word dat hy voorkeur-behandeling aan Shell bied.

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights