Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tegnologie / My-tablet-die-toeps-en-ek

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

‘My tablet, die toeps en ek!’

 
Deur THEUNS BOTHA
Mnr. Theuns Botha.
Mnr. Theuns Botha.

Eers was daar die selfoon, toe kom die slimfoon met raakskerms. Nou is daar die iPad én slim TV’s.

As ’n katoeter-verslaafde, het ek my iPad ’n paar maande gelede op ’n besoek aan Amerika aangeskaf. Terug in Suid- Afrika kon ek nie wag om dit te gebruik nie. Ná meer as ’n week se gesukkel met die diensverskaffer om die mini-SIM-kaart te aktiveer, het my beker oorgeloop toe ek die eerste beeld daarop kon opvang.

My eerste reaksie was dat dit die beste ontdekking sedert moerkoffie was. Maar, ja, dit was voordat ek die iPad op my plaas in die Noordoos-Kaap gaan toets het. Met die stadige (en besige) selfoonnetwerk in daardie geweste het dit beroerd stadig gegaan om data af te laai. Darem steeds beter as kitskoffie, het ek dié keer vir myself gesê.

Internet
Stadige internettoegang, iPads en ongeduld is nou maar eenmaal nie pasmaats nie. Waar daar egter 3G- of WiFi-verbinding bestaan, is die iPad ’n droom. Só kon ek en my wederhelfte op ’n vakansie in die buiteland na RSG luister, kyk hoe die plaaslike aandelemark vaar én die jongste nuus op CNN en Nuus24 volg.

Ook banksake doen, e-pos beantwoord en wanneer ons iewers in die vreemde verdwaal het, bloot met ’n tik van die vinger op die raakskerm ons juiste posisie deur middel vandie ingeboude GPS en Google Maps bepaal.

Wat ook lekker is, is dat ek nie meer tot Woensdag hoef te wag dat Landbouweekblad in die pos aankom nie. Dít kan ek nou danksy die iPad reeds op ’n Vrydag aflaai en van hoek tot kant deurlees.

Nóg ’n nuttige funksie is dat jy bloot met die druk van twee knoppies op die iPad, byvoorbeeld, ’n “foto” kan neem van die artikels in Landbouweekblad wat afgelaai is en dit per e-pos aanstuur.

Nuttige funksie

Die landbou-toep wat pas bekend gestel is, voeg nóg meer waarde toe. As joernalis is dit nuttig om ál die artikels wat die afgelope drie jaar in Landbouweekblad verskyn het en gereeld bygewerk word, as verwysingsbron byderhand te hê.

Toe ek onlangs speenkalwers wou verkoop, kon ek op die landbou-toep sien wat die heersende pryse is. En ook met die iPad ’n foto van die tollies neem en dit per e-pos aan ’n agent stuur sodat hy kon sien watter tipe beeste dit was.

Daar is al digby die 100 000 toeps wat net in Suid-Afrika gekoop kan word en daagliks kom daar nuwes by. Daar is ook verskeie wat gratis afgelaai kanword. Een van my gunstelinge is die interaktiewe Tom Cat, wat aan álmal vir wie ek dit gewys het, eindelose genot verskaf het. (Dié slim kat herhaal alles wat jy vir hom sê.)

Is die iPad (32Gig) die sowat R6000 werd wat ek vir myne betaal het? Beslis, waar breëband-internet beskikbaar is. Waar die internetverbinding egter swak is, moet jy dalk twee keer dink of dit nie beter sal wees om eerder ’n goeie selfoon of, nóg beter, ’n ram aan te skaf nie. 

1 November 2011

4.666665
 
 
  • 1129 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Fritz Paul 
23 Apr 2012 17:22

Aangenaam verras oor die artikel. "Toeps" geGoogle bring my toe landbou toe. So ontdek ek sommer landbou ook. :)

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Stygende kragprys knou landbou
  • Die weer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction