|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Hy is erg in sy skik met ons landboutoepassing op sy iPad, sê mnr. Jannie Willemse, landboukundige bestuurder van Farmsecure op Bethlehem. Hy meen die iPad het vele voordele vir die landbou, soos:
• Dis klein en lig. Die iPad pas in die mossienes van ’n bakkie, of in enige boeksak. Dis maklik om mee te werk in ’n bakkie, ’n vliegtuig of op ’n trekker.
• Die iPad is vinnig. Skakel dit aan en jy is dadelik aanlyn en gereed om e-pos te lees en om die internet te gebruik. Dit duur tot 5 minute vir ’n skootrekenaar om aan te skakel.
•Die iPad het net een knoppie. As jy sukkel of na die menu wil gaan, druk bloot dié knoppie.
• Hoewel die iPad nie ’n muis het nie, is die aanraak-skerm maklik om te gebruik. Om op die iPad deur ’n boek of tydskrif te blaai, is maklik. So ook die oopmaak van toepassings. ’n Rekenaar is soms boer-onvriendelik.
•Dis maklik om foto’s te neem. Die iPad 2 het ’n ingeboude kamera en ’n video-kamera. Dit is dus maklik om beeldmateriaal per e-pos te stuur. Die skerm is groter as ’n selfoon s’n en ’n boer kan op detail fokus.
Stel jou voor iets breek in ’n enjin en jy het ’n spesifieke onderdeel nodig. Neem die onderdeel af en vat dit saam dorp toe, of stuur die foto aan die verskaffer wat 100km ver sit om uit te vind of die onderdeel beskikbaar is.
• Landbouweekblad is nou digitaal beskikbaar en die agtergrondbeligting op die iPad maak dit moontlik om in swak lig te lees.
• Daar is baie nuttige toepassings vir boerdery. Die iPad gaan net so belangrik raak soos die boer se Leatherman-knipmes.
• Die iPad vervang die boer se groot en klein dagboek waarin hy al sy plaasinligting neerskryf. Elektroniese verslae maak die oproep van data maklik.
4 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Nice ek dink Ek moet ok ma een kry
Kyk maar liewer na die Samsung Galexy 10.1. `n Baie beter produk as die vrot appel!
Landbou.com sponsored by Apple :)
Hierdie soort van rekenaar is beslis die toekoms en ek glo dat die iPad binnekort net een van vele modelle tablet rekenaars gaan wees. Dit is maar soos wat met die iPhone gebeur het.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)