Nuut! Evalueer landerye uit ruimte met Cropscan

Deur Piers Kenyon
31 Julie 2014
CropScan BoerSien is 'n eerste ter wêreld, wat die nuutste beeld- en weertegnologie aan boere in die somersaaigebiede verskaf.

‘n Nuutjie in tegnologie vir saaiboere is Zonescan en CropScan, asook die nuwe BoerSien-program waarmee enigiemand die prestasie van tot vyf landerye (in fyn besonderhede) gedurende die vorige groeiseisoen kan nagaan en teen afslag ‘n inskrywing vir die volledige seisoen se data kan uitneem.

CropScan op Landbou.com is deel van ’n voortgesette strewe om die landbou in Suid-Afrika se waarde te verhoog. Enigiemand wat inligting oor hul landerye in die somergraanstreke soek, kan nou weekliks data bekom, soos biomassa (kg/ha/week), evapotranspirasie (mm/week), temperatuur (maksimum/minimum) en neerslag (mm/week ).

CropScan BoerSien is ‘n eerste ter wêreld. Dit verskaf die nuutste beeld- en weertegnologie aan enigiemand wat dit deur middel van ‘n gebruikersvriendelike aanlyn-databasis kan besigtig. As jy Google Earth kan gebruik, sal jy CropScan BoerSien ook kan gebruik, jy hoef nie GIS-programme te verstaan nie.

enterprisEvolution en Landbou.com gaan die CropScan-platform tot aan die einde van Augustus 2014 op ‘n proefgrondslag aanbied, waarna die seisoen se data van die begin af onder die inskryf-opsie beskikbaar sal wees.

In die verlede was toegang tot satellietdata van ‘n goeie gehalte en die verwerking daarvan moeilik en duur. Slegs grootskaalse gebruikers kon dit bekostig en ook net een of twee keer ‘n seisoen. CropScan is die toepassing wat alles bymekaar bring, dis maklik om te gebruik en bied gebruikers gereelde data en kaarte een keer per week deur die hele seisoen. Wat van Boer Soek ’n Mielie!

CropScan BoerSien is uit ‘n vernuftige geo-ruimtelike dataplatform saamgestel wat sy inligting verkry van verskeie daaglikse en weeklikse datatoevoere van satellietbeelde, weer en bestralingsafmetings en grondwaarnemings van meteorologiese data. Dit word in ‘n energie- balansprogram saamgevoeg om die groei van jou gewasse en weiding te bereken. In jou hande sal hierdie data jou help om ‘n vinger op die pols van jou oes te hou terwyl dit groei. Dit sal ook bykomende inligting aan jou akkerboukundige of insetverskaffer bied. Jy sal beter kan beplan en in staat wees om te sien watter landerye optimaal in die seisoen of intyds presteer. Dit sal jou ook hand sterk wanneer vir finansiële steun of oesversekering onderhandel.

Jy wonder dalk hoe akkuraat hierdie stelsel is. CropScan is met behulp van Pixel Intelligent Mapping© gebou wat die beeldelemente (pixel) van landerye een vir een ontleed. By BoerSien werk dit met 250m pixel PiM en 20m data en kan ook vir besproeiingsgewasse aangewend word. PiM is deur die eLEAF Competence Centre in Holland ontwikkel ná meer as 16 jaar se navorsing deur die Wageningen-universiteit, BasFoods en WaterWatch. Die data is in meer as 30 lande toegepas en is as unieke tegnologie deur die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies goedgekeur.

Vergeleke met ‘n grondmonster, NDVI-beeldtegnologie van satelliete, robokopters en vliegtuie bied CropScan BoerSien meer gereeld data teen veel minder koste. Dit maak geldelik net meer sin.

CropScan bring ‘n nuwe benadering tot die gebruik van data in jou boerdery deur middel van ‘n gebruikersvriendelike stelsel wat met alle data-insette kommunikeer, terwyl dit die boer in staat stel om saam met sy landboukundige weekliks na sy landerye te kyk saam met al die ander data wat hy moontlik het.

Ons glo dit is hierdie vernuwende datatoepassings wat groter doeltreffendheid in die waardeketting van die kommersiële landbou sal meebring, terwyl dit die boer met uitstekende inligting bystaan om sy produksie te verhoog en die beste prys vir sy oes te verkry. Die tegnologie is geskik vir van kleinboere tot groot kommersiële boere. Die huidige data in CropScan BoerSien is ontleen van 250m-resolusie-insette en is ontwerp vir ekstensiewe boerdery en verslae oor landerye van groter as 10 hektaar.

Kyk na die detail in Figuur 1 wat met ‘n paar met ‘n paar klikke van jou muis te sien is, of laat gly net jou vinger oor jou tablet! Vir elk van hierdie landerye bied CropScan BoerSien die totale biomassa-groei vir ‘n week, die verskil in prestasie van die beste tot die swakste dele van die grond, die gemiddelde produksie in die landerye en die toename in resultate van die begin af. Dit bied die weeklikse evapotranspirasie in die landerye om groeikrag en waterstres te bepaal, met weeklikse akkumulasies om oeste se behoefte aan water te bereken. Dit voorsien ook weeklikse reënvalsyfers en daaglikse maksimum en minimum temperature.

Figuur 1: Vertoning van 1 week se evapotranspirasie-vertoning per landery

cropScan-vir-31-Julie-2014

CropScan data sal ook portefeuljebestuurders, kommoditeitshandelaars, makelaars, versekeraars en finansiers met hul risiko- en mededingende prysbepalings bystaan.

Gebiede wat byvoorbeeld weens droogtes, vloede en wydverspreide siektes skade ly, is gouer sigbaar en kan makliker bepaal word met behulp van die CropScan-data. Wanneer dit gebruik word om inligting van die boer aan versekeraars beskikbaar te stel, sal dit die uitbetalings van eise bespoedig en die boer in staat stel om in beheer van die versekeringsproses te wees.

Ons is opgewonde om hierdie tegnologie met die landbougemeenskap te deel en glo dat dit stukrag aan die landbou sal verleen.

Klik hier om die CropScan-webwerf te besoek.
Klik hier om die ZoneScan-webwerf te besoek.

* Vir enige navrae oor die stelsel, kontak Piers Kenyon betreffende kommersiële of verkoopsaangeleenthede 076 951 1728, piers@eevolution.co.za, en vanuit ‘n tegniese oogpunt, kontak Rod Mackinnon 083 327 0138 rod@eevolution.co.za.

Lees ook ’n vorige berig hieroor.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels