Deur ALANI JANEKE
30 Oktober 2012

801 keer gelees | 0 kommentaar

’n Nuwe internetdiens, wat spesifiek op boere se behoeftes ten opsigte van ontvangs fokus, is bekend gestel.


Die fokus op internetdienste aan landelike gemeenskappe brei uit, met MWEB Businesswat pas ’n nuwe diens vir dié gemeenskappe bekend gestel het. Mnr. André Joubert, algemene bestuurder, sê hulle is al ’n tyd lank bewus van die probleme wat boere in die gesig staar ten opsigte van betroubare internet-verbindings.

Die groep het ’n “kragtige” nuwe satellietdiens bekend gestel, wat dieselfde diens aan boere in die meeste uithoeke van die land kan lewer as wat dit aan ’n onderneming in ’n dorp of stad kan lewer.

Dié aankondiging volg ná Agri SA en Vodacom vroeër vanjaar ’n ooreenkoms vir ’n beter satellietkommunikasie-diens aangekondig het. Lees meer hier.

Beter telefoondienste
Luidens ’n verklaring sê MWEB, wat ook ’n lid is van die Naspers-groep, dié diens sal nie net boere se internet-verbindings vir internetgebruik of e-posstelsels verbeter nie, maar ook telefoon-kommunikasie.

“Daarby, omdat satellietverbindings immuun is teen kabeldiefstal, sal dit ’n volhoubare alternatief bied vir die tradisionele vastelyn-internettoegang wat baie boere reeds het. Ons meen ons nuwe satellietdiens sal ook voorsien in hul behoefte vir ’n diens wat maklik geïnstalleer kan word asook ’n bekostigbare sekondêre verbinding keuse bied,” aldus Joubert.

Verskillende pakette van die diens is beskikbaar by die groep se diensverskaffers landwyd.

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights