Nuwe webwerf vir Arysta in Suid-Afrika

Deur Jan Bezuidenhout
29 Julie 2014
Arysta LifeScience het pas sy herontwerpte webwerf vir Suid-Afrika bekend gestel vir almal wat met oesbeskeming te doen het.

Die webwerf is herontwerp en die struktuur van die inligting is verander om die bruikbaarheid en die aantreklikheid te verbeter. Gebruikers sal makliker deur die groot bron van inligting oor die beste oplossings vir oesbeskermingbehoeftes kan navigeer.

“Die nuwe webwerf is ontwerp om besoekers met ’n ander ervaring as voorheen te beloon,” sê me. Anne Malet, kommunikasiebestuurder vir Afrika en Wes-Europa. “Dit is aantrekliker maklik om te navigeer, en stel besoekers in staat om vinnig te vind wat hulle soek.”

Die belangrikste nuwe toevoeging is die soek-funksie van die meer as 200 produkte op die webwerf. Die aanbieding van die produkte is ook verbeter. Die webwerf bied ook tegniese inligting deur middel van die Spray Program-instrument, wat gebruikers toelaat om ’n program vir gewasbeskerming en opbrengsverbetering te benut om aan hul behoeftes en vereistes te voldoen.

Hierdie nuwegenerasie-webwerf is aanpasbaar en vertoon netjies op enige rekenaar, wat wissel van die tradisionele rekenaars tot skootrekenaars, tablette en slimfone.

“Ons poog om tred te hou met die nuwe digitale era sodat ons die beste ervaring aan ons besoekers kan aanbied,” sê Malet.

* Arysta LifeScience is een van die wêreld se grootste private maatskappye in gewasbeskerming, met kantore in 125 lande. Die maatskappy se inkomste het in 2013 sowat 1,6 miljard Amerikaanse dollar beloop.

Besoek die webwerf by: http://arystalifescience.co.za


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.