Deur WYNAND PRETORIUS
17 Oktober 2012

1371 keer gelees | 1 kommentaar

Hoe gemaak met al die nuwe terme soos iPad, iPod, koordlose netwerke, brandmure, anti-virus- en indringingbeheer?


Wat beteken dit en meer belangrik hoe raak dit jou boerdery?

Ek beoog om jou deur ’n reeks artikels meer in te lig oor rekenaarsekuriteit, die gevare van aanlynbesighede (e-commerce) asook internetbankdienste, sosiale netwerke en vrae oor die “agter die skerm-werking” van rekenaars en sekuriteit.

Van bankboekie tot tjekboek tot elektroniese deposito’s het tegnologie ons lewens vergemaklik en so ook vir ons boere wat nie meer nodig het om dorp toe te ry en in ’n ry te wag nie. Deesdae het ons skootrekenaars, iPads en slimfone vanwaar e-pos, weerdienste, markte, verhandelpryse, bankdienste en die internet  besoek kan word.

Saam met hierdie tegnologieë kom egter nuwe gevare. Die gevare lê in die agtergrond waar ons dit nie noodwendig met die blote oog kan sien nie. Daarom is dit uiters belangrik dat jy jou boerdery, rekenaars, iPads en netwerke beskerm teen kuberkrakers en sindikate wat jou geld, intellektuele eiendom en selfs jou persoonlike inligting wil bekom.

In die eenvoudigste vorm “hoekom het die rower die bank beroof”? Want dit is waar die geld gehou word. So ook met internetdienste wat dit eintlik vir die sindikaat vergemaklik. Die verskil tussen R100 en R10 000 is twee nulle op ’n rekenaarsleutelbord.

As ek sou vra wie se inligting, bankkaart, of persoonlike identiteit al gesteel is, sal ek beslis ’n paar hande in die lug kry. Die groot vraag is natuurlik hoe het hulle jou inligting in die hande gekry. Ek beoog om al hierdie kwelvrae te beantwoord, maar vir eers fokus ons op basiese rekenaarsekuriteit.

Basiese rekenaarsekuriteit bestaan uit drie elemente. Eerste die anti-virusprogram, brandmure en indringerbeheer wat ons in meer diepte sal bespreek.
 
Wat is ’n anti-virusprogram?
Dit is ’n program wat op jou rekenaar gelaai word om jou teen virusse te beskerm. ’n Goeie anti-virusprogram bestaan uit die anti-virus-toepassing self, ’n brandmuur en indringerbeheer. Dit werk soos volg: Jy het ’n toepassing wat jy kan sien, ’n virusenjin asook virusdefinisies.

Die toepassing stel jou in staat  om sekere keuses aan en af  te skakel terwyl die virusenjin inligting op jou rekenaar fynkam. Die virusenjin gebruik virusdefinisies (basies virus-DNS) om virusse te vang. As die rekenaar die virus vang, kan die toepassing sekere funksies verrig, soos om die virus skoon te maak, te verwyder of dit in kwarantyn te plaas en te voorkom dat enige verdere skade aangerig word.

Dit is uiters belangrik dat jy jou anti-virus-program ten minste twee keer per week opdateer sodat die nuuste virus-DNS gelaai kan word. Die goeie nuus natuurlik is dat baie anti-viruspakette dit outomaties doen sodra jy aanlyn gaan.
 
Die Nasionale Instituut vir Sekuriteit en Tegnologie meen dat jou rekenaar binne 30 sekondes deur ’n virus aangetas sal word as jy jou rekenaar sonder beskerming aan die internet gekoppel hou.

Die algemeenste kanale waardeur virusse versprei is die internet, geheuestafies, cd’s en dvd’s. ’n Goeie virus kan jou inligting sonder jou wete van jou rekenaar af verwyder.

In die volgende artikel sal ek die brandmuur en indringerbeheer bespreek asook hoe om jou rekenaar veilig te hou deur die programme gereeld op te dateer.

* Wynand Pretorius is 'n sekuriteit-spesialis by Deloitte & Touche in Johannesburg. Sy e-pos-adres is: wpretorius@deloitte.co.za
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


sakkie

2012/10/20 07:55:34 AM

dit sal baie help

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights