deur GERRIT SCHAAFSMA
4 Oktober 2012

966 keer gelees | 1 kommentaar

'n Robot is ontwerp om arbeidsintensiewe snoeiwerk in Frankryk te doen.


Die nuwe werker in jou wingerd dra wit en rooi, is net 500 mm hoog en het vier wiele, twee arms, ses kameras en kan 600 wingerdstokke per dag snoei. Hy sal ook nooit vakansie of siekteverlof neem nie.

Die Wall-Ye V.I.N. robot is die geesteskind van die Franse uitvinder mnr. Christophe Millot. Hy het drie jaar gelde begin met die ontwerp nadat ’n wynboer by hom gekla het oor arbeidsprobleme. In Frankryk is daar ’n tekort aan handearbeid en die robot is ontwerp om arbeidsintensiewe snoeiwerk te doen.

Wall-Ye gebruik ’n Globale Posisioneringstelsel (GPS) om tussen wingerdstokke rond te beweeg. Data oor elke stok word versamel en geanaliseer, en met behulp van sy ses kameras en ’n snoeiskêr doen die robot die nodige snoeiwerk.

Klein en kragtig
Die robot weeg 20 kg en sal binnekort teen R275 000 in Frankryk beskikbaar wees. Die robot mag dalk so veel as ’n gesinsmotor kos, maar die vervaardiger, mnr. Guy Julien, sê dis ’n heel billike prys, aangesien dit dag en nag kan werk en nooit met vakansie gaan nie.

Die robot kan heeltemal op sy eie funksioneer, maar word deur middel van ’n draadlose konneksie met ’n iPad beheer. Dié duur masjien is ook teen diefstal beskerm deur middel van ’n sensor wat vasstel wanneer dit opgetel word, of buite ’n bepaalde gebied geneem word. Wanneer dit gebeur, stuur die robot vir die eienaar ’n boodskap wat sê “Help!” voor die robot se hardeskyf vernietig word.

Daar is reeds groot belangstelling uit die wingerdbedryf in Frankryk. “As ek ’n keuse het tussen robot en werknemer, sal ek die robot gebruik – dis goedkoper en minder moeite,” se me. Patricia Charbrol, eienaar van Chateau Gerbaud in Frankryk.

Maar nie almal is gelukkig oor die nuwe uitvindsel nie. Frankryk se werkloosheidskoers is tans baie hoog as gevolg van die Europese finansiële krisis. Julien sê dat die robot wel sommige werkers se pligte sal oorneem, maar dat dit werk skep vir andere wat tersiêre opvoeding het en die robot in die toekoms sal moet herstel en verbeter. 





Bron: AFP


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/05 09:14:53 AM

Dit sal 'n besliste seën wees om met 'n robot te werk. Oor die wereld heen wil werkers nie meer handewerk verrig nie en beskou dit as 'n vloek. Doen hulle dit wel , stel hulle maklik looneise wat die besigheid finansieel spoedig ruineer. Sien maar die myne - en dit sal beslis in die toekoms nog veel veel vererger. Met die druiwe is snoeityd en oestyd gekoppekkel aan tyd en is daar geen tyd te verkwis met looneise byvoorbeeld nie. So - laat ons maar met die robotte snoei , druiwe oes, melk, diere voer, en wat ook nog!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights