SA internet-gebruik tel spoed op

 
Foto verskaf
Foto verskaf

Meer as 5 miljoen Suid-Afrikaners gebruik nou die internet, luidens navorsing deur die World Wide Worx van Arthur Goldstuck.

Navorsing wat Goldstuck gedoen het met die samewerking van Cisco, wys dat internetgebruik in Suid-Afrika vir die eerste keer meer as 10% van die bevolking beloop. Voorheen was dié syfer altyd onder 7%.

Volgens Goldstuck het die getal internet-gebruikers in Suid-Afrika die afgelope jaar met 15% gestyg, van 4,6 miljoen tot 5,3 miljoen. Na verwagting sal dié groei vanjaar voortduur. Goldstuck is een van Suid-Afrika se voorste internet-ontleders.

Goldstuck sê teen dié trant behoort 6 miljoen gebruikers aan die einde van 2010 internet-toegang te hê.

Hy sê die voltooiing van die Seacom-ondersese kabel het bygedra om dié groei te bewerkstellig. ‘n Groter bydraende faktor is dat netwerk-lisensies aan meer as 400 organisasies toegeken is. Nuwe diensverskaffers  het na vore getree en begin om hul eie netwerke op te rig om gebruikers te bedien.

Na verwagting sal die beoogde ondersese kabels wat in 2011 gelê sal word ‘n nog beter diens tot gevolg hê.

15 Januarie 2010
 

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.