Deur LIEZL VERCUEIL
23 September 2009

3764 keer gelees | 0 kommentaar

Die Suid-Afrikaanse Regering se eerste satelliet, SumbandilaSat, is ná ’n lang gewag vandeesweek vanaf Kazakstan die ruimte ingeskiet en sal onder meer vir landbou-doeleindes gebruik word.


Die Suid-Afrikaanse Regering het vandeesweek sy eerste satelliet, SumbandilaSat, in Kazakstan geloods. Die satelliet is deur die Universiteit van Stellenbosch se fakulteit van ingenieurswese gebou in opdrag van die Departement van Wetenskap en Tegnologie en sal onder meer vir landboudoeleindes gebruik word.

SumbandilaSat, wat “lei die weg” in Venda beteken, het sowat R26 miljoen gekos en sou oorspronklik in 2006 in Rusland geloods word, maar is weens politieke en tegniese probleme vertraag. Die satelliet wentel 500 km bo die aarde en sal vier keer per dag oor Suid-Afrika beweeg.

Die satelliet van 81 kg sal gebruik word om onder meer die migrasie van bevolkingsgroepe, die vlakke van damme, infrastruktuur en die landbou te kontroleer deur middel van hoëresolusie-beelde.

Bron:
Appafrica
University World News
ITweb
Disaptch Online

23 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights