7 Augustus 2012

925 keer gelees | 2 kommentaar

Navorsers in Europa is besig om spesiale halsbande vir skape te ontwikkel wat hulle teen wolwe sal beskerm.


Die halsband werk soos die hartklop-monitors wat drawwers gebruik.

Toerusting wat die hartklop van die skaap meet, bepaal of die dier in gevaar is. Toetse het gevind dat skape se hartklop van 80 tot 225 slae per minuut toeneem wanneer hulle bedreig voel.

Wanneer ’n skaap met die halsband se hartklop baie vinnig toeneem, is die halsband veronderstel om ’n reuk of klank af te skei wat wolwe dan twee keer sal laat dink voordat hulle aanval. Die halsband sal ook ’n SMS aan die eienaar van die skaap stuur wat hom van die bedreiging in kennis stel.

’n Prototipe is reeds deur wetenskaplikes in Switserland getoets en verdere navorsing word beoog.

Bron: Wired


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johann

2012/08/12 08:47:38 PM

Dit kan dalk daar werk, maar sal nie by my werk nie. Ek kan nie vir elke ooi in die trop 'n halsband aansit nie, want dit is wat ek sal moet doen as ek my dorpers in groot kampe wil beskerm. Wat gaan dit nie kos nie? Verder sal ons maar eers moet sien hoe reageer die rooijakkalse. Net twee weke en hulle is die halsbande ook gewoond.


Duvan Papenfus

2012/10/05 11:28:28 AM

Hallo Johann gaan na die volgende webwerf toe www.agrialert.co.za dink ons sisteem sal jou kan help

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights