Sal jy jou baard (as jy een gehad het) deur ‘n skaapskeerkampioen laat snoei? ‘n Bekende joernalis het, met ‘n video om dit te bewys.
Erns Grundling, ‘n verslaggewer van Landbouweekblad se sustertydskrif Weg, het juis dít gedoen. Die bebaarde Erns was verlede jaar by die Agri Megaweek op Bredasdorp en het die nasionale skaapskeerkampioenskap bygewoon. Hy het op die ingewing van die oomblik aangebied dat die skaapskeerkampioen, Zweliwile Hans, wys of hy ‘n man se baard óók kan snoei: Op die skeerplatform, met ‘n handsker en ten aanskoue van die gehoor.
Erns se sessie is gelukkig op video vasgelê: Klik hier om dit op Weg se webwerf te bekyk. Kyk ook hoe geniet die wolboer, Hendrik Botha, dié petalje.
Dit kan dalk die beste gratis advertensie wees wat die Agri Megaweek nog gehad het! Vanjaar se Agri Megaweek is van 15 tot 17 September in Bredasdorp.
Besoek Agri Megaweek se webwerf by http://agrimega.co.za
13 Augustus 2010
Kommentaar
Het enige van Landbouweekblad se joernaliste soveel moed soos Erns? Wonder maar net?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)