Slim robokopters tel nou renosters

Deur Jan Bezuidenhout
21 Augustus 2014
Die nut van robokopters in boerdery neem toe. 'n Renosterboer benut die tegnologie nou.

Stel jou voor ‘n robokopter vlieg oor jou wildsplaas en tel al jou renosters binne minute vir jou. Wanneer die robokopter (drone) weer aan jou voete land, is elke renoster se unieke nommer kant-en-klaar afgelaai op jou rekenaar.

Hierdie is nie meer drome nie. Die Drone Aviation Academy, ‘n bekende Pretoriase maatskappy, het die voortou geneem om hierdie tegnologie in Suid-Afrika op renosters by ‘n bekende wildboer te toets.

“Ons het nou tegnologie uniek aan Suid-Afrika se eksotiese wildbedryf ontwikkel om wild vanuit die lug uiters akkuraat te tel met behulp van afstandopname-toerusting”, vertel dr. Gerhard Coetzee, een van die direkteure van die maatskappy.

“Hierdie toerusting stel die wildboer in staat om dag en nag wild te tel deur ‘n robokopter oor die plaas te laat vlieg. Vir dié boer wat nie belangstel om ‘n robokopter aan te skaf nie, plaas ons enkele sensors verspreid op die plaas, wat die wild op ‘n plaas binne minute kan tel.”

Soortgelyke tegnologie is reeds goed bekend aan melkboere, waar beeste gemonitor word. Die nadeel van hierdie sensors is dat hulle net op ‘n kort afstand die beeste kan identifiseer.

Mnr. Louis Nel, wat betrokke was by die ontwikkeling van die toerusting vir afstandsensors, meld dat die nuwe tegnologie só ontwikkel is dat diere nou tot 300 meter ver uit die lug geïdentifiseer kan word. “Tewens, ons is vinnig oppad om ‘n reikafstand van 1 km te bereik.  Die tegnologie is ontwikkel om gemaklik deur ‘n robokopter vervoer te word.”

Tegnologie is ook in die pyplyn om dié sensors só te ontwikkel wat die eienaar sal verwittig sodra ‘n dier buite ‘n geografiese gebied afdwaal, of geneem word.

(Die naam van die renosterboer en sy plaas is op versoek nie gepubliseer nie, vanweë die risiko’s van stroping.)

* Kontak Drone Aviation Academy vir navrae: Tel. 082 646 2405, of per e-pos by info@droneaviationacademy.co.za.


Kommentaar

Kommentaar (7) “Slim robokopters tel nou renosters

  1. Mariana du Plessis
    Mariana du Plessis

    Baie geluk manne – Suid Afrika wag al lankal vir hierdie toepassing.

    Mag dit die begin van groot dinge wees. Mag die Here julle seën want Hy het die renosters gemaak – en dit is definitief nie Sy bedoeling dat hulle so moet ly en doodgaan nie.

    As ek Engelssprekend was sou ek nie opgewonde gewees het oor julle “Slegs in Afrikaans” nie. Ek dink dit is onnodig……

  2. Bernard
    Bernard

    Gaan soek die skakel op ‘n Engelse webblad dan kan jy na hartelus in Engels kommentaar lewer Mariana. Ek glo jy stem ook vir die EFF?

  3. Koos Richards
    Koos Richards

    Mooi Louis, ek wens julle net die beste toe! Seen vir julle.

  4. A Venter
    A Venter

    Dankie vir “SLEGS AFRIKAANS” SAL DIE ENGELSE DIT VIR ONS AS AFRIKANERS DOEN BESLIS NEE SO ONS IS JALOERS OOR ONS TYDSKRIF GAAN LEES DAN DIE ENGELSE TYDSKRIFTE DIT SAL BY JOU PAS.

  5. Eugene Richards
    Eugene Richards

    Uitstekend Louis!!
    Ek kan net sien ” Hier kom ‘n ding”!
    Eugene

  6. baldwin uijs
    baldwin uijs

    wil meer besonderhede van die naaldekokker (drone) bekom, want ons bure (plakkerskamp} , pas selfhelp toe {steel}. afgelope 5 weke 7 bees verloor so ook infrastuktuur. hulle het dit darem nog nie reg gekry om n boorgat fiessies op te laai en daarmee te verdwyn nie ,maar ek wag in spanning dalk kry hulle dit tog reg. die reik afstand van 1km is te min die plaas is 6 x 10 km groot , en wat kos die naaldekokker ens. grt van namibia

  7. Andre
    Andre

    Sou dit moontlik wees om die tegnologie so te ontwikkel, om mense op te tel, of dan te identifiseer?
    Dit sal help om moontlike stropers te identifiseer, voordat hulle jou diere skiet.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels