Mobiele ikone sal voortaan in die tydskrif gepubliseer word wanneer daar digitale inhoud, soos video’s, oor ’n spesifieke berig, artikel of promosie beskikbaar is. Lesers kan hierdie ikoon met hul slimfoon skandeer en dan byvoorbeeld na ’n video kyk of selfs die bestanddele vir ’n resep aflaai.
Mobiele ikone is deel van nuwe tegnologie wat in Suid-Afrika gebruik word om die brug tussen die gedrukte en digitale media te oorbrug. Dit word gebruik deur middel van ’n sagtewareprogram op jou slimfoon of tablet te laai en dan die ikoon te skandeer wanneer dit in ’n tydskrif of op promosiemateriaal verskyn.
Daar is verskillende programme beskikbaar om die ikone te skandeer. Klik
hier om meer tel eer oor hoe om programmatuur vir jou slimfoon of tablet af te laai.
Of tik
http://get.beetagg.com in jou slimfoon se webblaaier en die installasie sal outomaties begin. As jy ’n slimfoon het, soek dit in jou foon se programwinkel, die app-store. Die inhoud is gratis, maar jy sal datakoste moet betaal om dit af te laai (datakoste hang van jou selfoonpakket af).
Vir meer inligting of vir hulp met die proses, stuur e-pos na
cornelia.vdmerwe@landbou.com. Toets gerus of jy die ikone kan skandeer deur die ikoon hier onder te skandeer. Hierdie diens word moontlik gemaak deur middel van die
QTM-sisteem.