9 Junie 2011

2026 keer gelees | 0 kommentaar

Die staat het R18,6 miljoen bewillig aan ’n volhoubaarheidstudie vir ’n solarpark in Upington.


Die staat het R18,6 miljoen bewillig aan ’n volhoubaarheidstudie vir ’n solarpark in Upington.

Luidens ’n berig op Engineering News het me. Dipuo Peters, die Minister van Energie, Dinsdag (7 Junie) in die Parlement gesê die projek sal voorrang geniet sodat so spoedig moontlik daarmee voortgegaan kan word.

Die studie behoort teen einde Julie afgehandel te wees. Na verwagting sal die park sowat 5 000 megawatt se hernubare krag produseer. Die Departement van Energie het die Fluor Corporation-groep aangestel om die studie te doen.

Die park kan ’n totale belegging van $20 miljard (R140 miljard) vir die provinsie beteken.

9,4%-aandeel teen 2030

Volgens die land se geïntegreerde hulpbronplan word  verwag dat sowat 9,4% of 8400 megawatt van die land se krag teen 2030 van solarparke afkomstig sal wees, met sowat 16% of 9 200 megawatt se krag wat van wind-energie afkomstig sal wees.

“Ons is opgewonde dat Suid-Afrika kan begin om die moontlikheid van solartegnologie ernstiger kan bestudeer, en as deel van ons groter energiemengsel kan benut wat op ’n manier ons energie se koolsuurinhoud sal verlaag,” aldus Peters.

’n Solarpark-owerheid sal ook op die been gebring word, en hoofstroom-infrastruktuur, soos water, krag en vervoer, sal aan verskillende projekontwikkelaars verskaf word.

Bron: Engineering News

9 Junie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights