|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Sonkragtegnologie, wat as ’n alternatief vir hidroliese breking as skaliegasmynmetode kan dien, is deur HyperSolar bekend gestel.
Luidens ’n berig op MarketWatch, wat in die Treasure the Karoo-aksiegroep se nuusbrief ingesluit is, kan dié tegnologie glo die gebruik van hidroliese breking verminder.
Die maatskappy konsentreer glo op die produksie van ’n skoon, koolstofneutrale metaangas wat bogronds geproduseer kan word. Dié gas kan as ‘n alternatief vir tradisionele gasgedrewe krag dien.
Fotosintese
Die stelsel wat HydroSolar ontwerp, is geïnspireer deur fotosintese wat binne plante plaasvind. Dit is ‘n sonkrag-aangedrewe nanopartikelstelsel wat fotosintese na-aap om waterstofgas van water te skei. Die vry waterstofgas word dan met koolstofdioksied in aanraking gebring, wat metaangas produseer.
Dié tegnologie stel HydroSolar dus in staat om hernubare natuurlike gas bogronds te produseer, sonder dat enige van die dele water of lug besoedel.
Hidroliese breking ontlok die afgelope twee jaar vir groot debatte in Suid-Afrika nadat die oliereus Shell aangedui het dat hy met dié metode vir skaliegas in die Karoo wil prospekteer. Dié metode het glo al tot verskeie voorvalle van erge besoedeling in Amerika gelei en verskeie groepe staan die gebruik daarvan teen.
Bron: MarketWatch
18 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sonkrag is besig om in RSA te GROEI. Die pryse daal, en as dit so aanhou gaan elek boer een van die dae sonkrag kan bekostig.
Maar kom ons neem syfers:
om 10 000 liter per dag te pomp, kos ongeveer R 75.00 per dag.Dus vir een jaar kos dit jou R 82 1250.00!! Ek het pryse saamgestel (nadat ek 'n kwotasie ontvang het) en agtergekom dat vir R65 000.00 kan daar 'n volle onafhanklike stelsel aangeskaf word wat vanaf installasie jou 12 000 liter per dag kan gee.
Dit sluit 16 panele, omkeerder (inverter), minimum bedrading in.
Is dit nou duur as 'n mens dit met die kragrekening vergelyk? Ek het uitgelaat dat 'n kragopwekker nodig sou wees as die krag af is. tel dit by jou kragrekening, dan is 65 000 'n belegging want ek VAT die stelsel SAAM as ek my plaas verloor!
Kyk bietjie hier.
http://www.youtube.com/watch?v=Mts_5K-z7Xk
Die sonkrag word opgevang deur spieele op n seker rigting te plaas en saam die son te skuif deur die dag en word op een punt gefokes op n element wat water drae.Die element word so warm dat hy die stoom super warm maak en dan word dit gebruik om n stoom engine te hardloop.dit kos net die geld om te bou en dan om die spieels skoon te hou sodat die son mooi deurkom.in my oe is dit verniet.
Dit gaan mos mooi werk in die karoo
kyk hier:
http://www.youtube.com/watch?v=Mts_5K-z7Xk
Dit maak termodinamies nie sin om metaan gas weer in energie om te skakel in 'n gas turbien nie. Jy verloor 50 - 60 % van die energie wat deur die PV sonpanele opgewek is. Gebruik hulle branstof selle om die metaan dan weer in elektrisiteit om te sit ?
Is dit goedkoper as om die energie net in batterye te stoor ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)