Termiese kameras hou oog op hele plaas

Deur Liezl Vercueil
4 November 2015
Powamaxx bied nou Thermal Radar in Utah, VSA, se termiese beelding-radar vir Suider-Afrikaanse kliënte.

Promosie-artikel:
Termiese beelding-radar, oftewel Thermal Imaging Radar (TIR), is ’n 360 grade kamera-kombinasie wat bestaan uit ’n hoë-prestasie termiese kamera met ’n intelligente platform wat voorsiening maak vir gevorderde waarneming en opsporing.

TIR se gepatenteerde Thermal Radar-tegnologie kan een termiese sensor gebruik om die werk van tot 20 afsonderlike termiese kameras te doen. Die gebruik minder as 6 watt krag en is ontwerp om in ruig en afgeleë gebiede asook in hoë-verkeer stedelike gebiede gebruik te word.

TIR se termiese radar kan funksioneer waar elektroniese hulpbronne beperk is deur die gebruik van son- en batterykrag. Thermal Radar bespeur onder meer mense, voertuie, diere, brande. Dié onafhanklike waghond hou ’n wakende oog en kan ’n mens op 500 m en voertuie op 1.5 km optel en waarksu die gebruiker van abnormale bedrywighede.

TIR_skerm_verskaf
Die kamera roteer teen tot 60 RPM en stel ’n beeld saam uit tot 20 “virtuele” termiese kamerabeelde en skep dus so ’n 360° termiese beeld van meer as 5 megapixels. Die gebruiker kan die beelde deur middle van die internet bekyk. Eenvoudige en maklik om te gebruik-ontleding laat die gebruiker toe om indringers vinnig uit te ken oor die hele 360° “Field of View”, ’n satellietbeeld wat verseker dat die presiese posisie van die indringer te sien is.

“Areas of Interest” (AOI) word gebruik om aan te dui waar die gebruiker spesifiek wil fokus en om kennisgewings te kry indien daar aktiwiteit in dié gebiede is. Sodra ’n bedreiging geïdentifiseer word, merk die TIR dit op ’n kaart en stuur dit, sowel as koördinate en foto’s, via SMS, WiFi of satelliet na die gebruiker. Die boodskappe kan na verkseie mense gestuur word.

TIR is ook ’n heeltemal passiewe stelsel, wat dit baie moeilik maak om op te spoor. Die termiese kameras kan stofstorms, mis, rook en volledige duisternis deurdring. Geen ligte of ander toestelle word vereis nie en die kamera sien dieselfde beeld dag of nag sonder enige bystand of ondersteuning. Die kamera’s kan ook spesifieke areas van nader bekyk en kan via rekenaar beheer word.

TIR_toring_verskaf
TIR weeg minder as twee kilogram. Wanneer dit gekombineer word met die opsionele, draagbare, aluminium-toring, kan dit kan maklik na enige perseel gesleep word met ’n konvensionele ATV en ontplooi 9 meter in die lug binne minute.

Geen ondersteunende infrastruktuur word vereis nie en dié kombinasie is heeltemal onafhanklik met sonkrag en batterye. Minder kamera’s beteken ook minder onderhoud en laer koste.

Powamaxx is die enigste agent vir die TIR-reeks in Suid-Afrika. Kontak Roy Esterhuizen by Powamaxx by 031 466 1920, 078 329 8972 of per e-pos by info@powamaxx.com.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels