Deur MARLEEN SMITH
4 Junie 2012

1433 keer gelees | 0 kommentaar

Toe 'n Australiese beesboer sy vrou se nuwe iPhone sien, het hy dit as “belaglik” beskryf. Nou sing hy 'n ander deuntjie!


Dié beesboer, mnr. Will Wilson van die staat Queensland, se aanvanklike kommentaar oor sy vrou, Katie, se nuwe iPhone was eintlik nie mooi is.

“Drie dae later was ek skoon verras om te sien hoe hy op Google soek om ‘n toep (app) te maak “ vertel Katie. “Binne ‘n week het hy via Google uitgevind hoe werk die proses om ‘n iApp te ontwikkel en vry te stel.”

Dit was 'n jaar gelede. Will het in sy Google-soektogte op Rick Hoy van die nabygeleё IT-maatskappy MandraIT afgekom, en saam het hulle iHerd, 'n nuwe gratis toep vir veeboere, ontwikkel en vrygestel. Hulle het dit op die afgelope Beef Australia, die groot beesvleis-ekspo in Rockhampton, Queensland, bekendgestel.

Werk ewe goed vir 10 of 10 000 beeste
“Wat dit so oulik maak, is dat dit nie saak maak of jy tien of 10 000 beeste het, dit werk ewe goed,” sê die Wilsons, wat suid van Rockhampton met twee stoeterye Brahmane en Herefords en 'n kruiskudde tussen die twee rasse boer.

Dit behoort ook net so goed in ‘n Suid-Afrikaanse as in ‘n Australiese veeboerdery te werk, meen hulle.

'n Totale veeboerdery se bestuur kan met iHerd bedryf word, van voorraadbestuur van dieregesondheidmiddels tot rekordhouding van watter diere waar loop, watter diere wanneer behandel is, en van geboortes, aankope en vrektes, sê Hoy.

Boere wat net kommersieel boer, kan die stoet-funksie afskakel. Volgens Wilson spaar dit hom sowat 12 ure se werk per maand.

Sedertdien is hy so beїndruk met wat 'n iPhone kan doen, dat sy hele gesin nou met Apple-produkte toegerus is – van iPhones tot iPads en Apple-skootrekenaars vir die kinders, vir wie Katie op die plaas tuisonderrig gee.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights