Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tegnologie / Veroorsaak-di-drade-infertiliteit

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Veroorsaak dié drade infertiliteit?

 
Kan elektriese hoogspanningsdrade fertiliteit beïnvloed?
Kan elektriese hoogspanningsdrade fertiliteit beïnvloed?

Frans Saaijman het op die gespreksforum gewonder oor die bewering dat koeie wat onder elektriese hoogspanningsdrade wei, nie dragtig word nie. Steek daar waarheid in?

“Iemand vertel dat koeie wat onder elektriese hoogspanningdrade wei, nie dragtig word nie. So is dit glo ook met mense: swangerskap is iets van die verlede as jou huis so onder die drade geleë is.

"Daarom sal Eskom nooit iemand toelaat om sy huis onder sulke drade te bou nie. Die drade het ook skynbaar ’n invloed op die gehalte van die vleis. Ek weet darem nie - steek daar waarheid in?” skryf Saaijman.

Veiligheid
Joanita Walstrand reken egter dit het eerder met veiligheid te doen: “Eskom wil toegang tot hul lyne hê en laat jou veiligheidshalwe ook nie daaronder bou nie. By ons het Eskom pale en lyne geskuif wat toe oor een van ons grensmure gestrek het.

"Ons moes ’n stuk van die muur afbreek onder die draad. Hulle was nie bekommerd oor links en regs van die draad nie, maar die stuk onder die lyne moes af. Die stuk is platgestoot en met draad vervang en nou bly die huurder se Jack Russell binne.

"Die muur lyk heel verspot en Eskom is tevrede. En wat die smaak betref, as jou koeie aan die lyne sou raak, kan hulle dalk meer gaar wees en proe as dié wat nie daaraan sou raak nie.”

Navorsing?

“Mense, as my geheue korrek is, was daar ongeveer in 1985 ’n hofsaak teen Eskom wat deur ’n suiwelboer aanhangig gemaak is omdat die groot kragdrade wat oor sy plaas gespan is, onmiddellik sy koeie se melkleweringsvermoë drasties laat daal het.

"Destyds is ook verskeie navorsingsverslae ter stawing daarvan voorgelê. As ek reg onthou het, is die saak geskik,” vertel Gerard Smit.

Twee benaderings

Leonie Kellerman het by ’n vriend, oom Leslie, gaan kers opsteek. Hy het die volgende te sê oor die saak: “Ek dink dat hierdie onderwerp uit verskeie benaderings bekyk moet word – industrieel en elektro-medies.

"Wanneer ons praat van Eskom se oorhoofse lyne, kyk ons na die 144 kV-lyne en waarom daar verkieslik geen toegang tot hierdie gebied toegelaat word nie. Om hierdie geleiers is geweldige sterk magnetiese velde wat ontwikkel en hoe meer die stroom getrek word, hoe sterker is die magnetiese veld. Die tegniese manne weet dat wanneer enige geleier deur ’n magnetiese veld beweeg, word daar krag in die geleier ontwikkel deur induksie.

“Hierdie magnetiese velde het ook ’n invloed op die ionisering van lug tussen die geleiers, wat ’n kortsluiting kan veroorsaak, al raak hulle nie aan mekaar nie. Wanneer daar ’n brand is, en die rook trek tussen die geleiers en die koolstofpartikels wat met die hulp van ionisering geleibaar is, veroorsaak dit kortsluitings wat geweldige gevare en koste-implikasies vir Eskom inhou.

Isolasie
“Die rede hoekom die geleiers so ver uitmekaar is, is omdat lug die isolasiemiddel is tussen geleiers, en nie vaste isoleermaterial is nie. Die spanning bepaal die afstand wat die geleiers uitmekaar moet wees. Die wetenskap het bewys dat enige lewende wese ’n magnetiese veld het, al is dit baie klein.

"Die elektromagnetiese krag om jou hart kan gemeet word en die elektriese polse word ook gemeet, al is dit baie klein. Dit geld ook by diere. Die hoofeienskappe wat die invloed van hierdie elektro-magnetiese velde op wesens het, is nie welbekend nie, al is daar baie navorsing daaroor gedoen.

"Dit word steeds deur Eskom gedoen, veral met lynwerkers wat lank aan hierdie velde blootgestel word. Op die mediese front is magnetiese velde gebruik vir bv. kankerbehandeling. Siemens Medical is ’n leier op hierdie gebied. So, op die mediese front lewer magnetisme ’n baie konstruktiewe bydrae.

"Op die industriële gebied kan ons boekdele skryf oor die effek daarvan. Ons moet net nie lae- en hoëfrekwensie-mikrogolfwe verwar met dit waaroor hierbo geskryf is nie. Mikrogolfbestraling is uiters gevaarlik en veroorsaak sterilisasie en verskillende soorte kanker.”

2 November 2011

5
 
 
  • 985 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vleisbedryf wil vertroue herstel
  • Zuma ‘moet Malema-kwessie aanspreek’
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction