Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Webblad vir waterforum

 
Water: Foto: LEANA ERASMUS
Water: Foto: LEANA ERASMUS

Die Nasionale Waterforum, wat verlede jaar tot stand gekom het, het ‘n webblad bekend gestel waarop alle moontlike inligting rondom waterprobleme beskikbaar sal wees.

Luidens ‘n mediaverklaring moedig die forum die publiek ook aan om foto’s en beskrywings van waterprobleme soos besoedeling op dié webtuiste te laai.

Die forum is verlede jaar gestig aangesien die sogenaamde “waterkrisis”in die land al hoe groter word.

Waterdienste swak
In die verklaring staaf die forum dié stand van sake deur te verwys na ‘n antwoord van me. Nobubele Ngele, waarnemende direkteur-generaal van die Departement van Waterwese en Omgewingsake, aan ‘n ad hoc komitee oor dienslewering.

Sy’t glo gesê net 30 van die land se 283 munisipaliteite se waterdienste werk behoorlik. Ngele het na bewering ook gesê 23 munisipaliteite staar ‘n waterkrisis in die gesig.

Ernstige waterbesoedeling
Die forum sê dat sowat 2 miljoen liter rioolwater daagliks in die Hartebeespoortdam inloop, wat dan stroomaf beweeg. Verlate myne in die Wesrand laat glo ook duisende liters suurwater deur. Die forum wil aksieplanne opstel om dié probleme, en talle ander, aan te spreek.

Stuur foto’s en inligting rakende waterkwessies na die forum se selfoonnommer - Dit is 079 030 3294 of besoek die webtuiste.

Die webtuiste is www.nwf.za.net.

Lees ook:

Plan met klimaat, water

9 Februarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.