Wenfoto op nuwe LBW

 
Die wenfoto. Foto: IZAK VAN DER SCHYFF
Die wenfoto. Foto: IZAK VAN DER SCHYFF

Een van die wenners van landbou.com se tweede fotokompetisie, mnr. Izak van der Schyff, se wenfoto verskyn op Landbouweekblad van 21 Mei se voorblad.

Dié pragtige en atmosferiese foto van ‘n stroper wat in die donker ure aan die werk is, is deur redakteur Hugo Lochner en fotoredakteur Gretchen Peiser gekies as een van die wenners van die kompetisie. Die ander wenfoto verskyn op die voorblad van Farming SA, Landbouweekblad se sustertydskrif.

"Ontrimpeling" vir Landbouweekblad
Dié uitgawe van Landbouweekblad is besonder spesiaal. Die tydskrif het op die rype ouderdom van 90 ‘n herontwerp en “ontrimpeling” ondergaan en vanaf hierdie uitgawe sal die aanbieding van kleuratikels in die wit bladsye ‘n “skoner” en meer geordende aanbieding hê.

Die mees opwindende verandering raak een van die gewildste dele van die tydskrif – die geel bladsye. Hier sal nou, vir die eerste keer in die geskiedenis, kleurfoto’s verskyn terwyl die bladsye steeds hul tradisionele karakter behou.

Die nuwe Landbouweekblad-uitleg word by vanjaar se Nampo-Oesdag bekend gestel. Kom kyk dus gerus by Landbouweekblad se stalletjie na ons nuwe voorkoms en vertel ons wat jy in jou gunsteling-tydskrif wil sien – of nié wil sien nie.

Wen met landbou.mobi
Landbouweekblad se nuwe mobi-werfwww.landbou.mobi – word ook by die Nampo-Oesdag bekend gestel. Lesers kan hier rondsnuffel vir die nuutste landbounuus en –inligting, weervoorspellings, Safex- en aandelepryse resepte, raad van kundiges en vele meer.

‘n Kompetisie word gehou om die bekendstelling van die mobi-werf te vier, en deelnemers kan ‘n GPS-toestel of kis hoë-gehalte Veritas-wyn losslaan.

14 Mei 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.