Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tegnologie / Windplase-kan-paaie-benadeel

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Windplase kan paaie benadeel

 
Die oprigting van windplase kan 'n nadelige effek op paaie hê. Foto: VERSKAF
Die oprigting van windplase kan 'n nadelige effek op paaie hê. Foto: VERSKAF

Die oprigting van windplase in Suid-Afrika teen 2015 kan erge stremming op Suid-Afrikaanse paaie plaas, waarsku ’n omgewingsorganisasie.

Luidens ’n berig op Engineering News (29 September 2011) sal die plase na verwagting 1 850 megawatt krag opwek, en volgens die GreenCape-inisiatief beteken dit dat 925 windturbines na die plase vervoer sal moet word.

Elke turbine gaan in sewe komponente vervoer moet word (groter turbines sal moontlik agt komponente insluit).

Mnr. Sisa James, ’n verteenwoordiger van die GreenCape-inisiatief, het op ’n kongres van die Suid-Afrikaanse Wind-energievereniging gesê dit sal beteken dat  6 475 abnormale vragte tussen hawens en die aanlegte op Suid-Afrika se paaie sal moet beweeg.

“Oor ’n tydperk van twee jaar kan dit tot 13 abnormale vragte per dag beteken, mits die vragte gelyk opgedeel word,” lui die berig. James sê dít is egter hoogs onwaarskynlik omdat turbines nie noodwendig in Suid-Afrika sal aankom op die dag wat die oprigtingsprojekte onderneem word nie.

Abnormale vragte
Volgens James sal dié abnormale vragte implikasies vir die hele vervoerstelsel inhou wat die lengte, hoogte en breedte van komponente betref.

“Hierdie tipe vragte en die volumes wat ons verwag, sal erge stremming op ons padnetwerke plaas, en die nodige infrastruktuur is nie daar nie.”

Veranderinge sal langs sommige roetes aangebring moet word, wat die skuif van padtekens en heinings langs paaie gaan insluit. Sowat 112 verkeersbeamptes sal ook benodig word om dié vragte te vergesel, en die roetes sal vooraf spesiaal geadverteer moet word.

’n Vragmotortekort kan ook moontlik ontstaan omdat die land nog nooit vantevore so ’n projek onderneem het nie. Dienooreenkomstig kan ’n tekort aan hyskrane ook ontstaan.

James meen dat Transnet, met spoorvervoer, een van die beste oplossings vir dié probleme asook kostedoeltreffende vervoer bied, maar dié semi-staatsinstelling het nie toegang tot die nodige infrastruktuur wat daarvoor benodig word nie.

Bron: Engineering News

29 September 2011

5
 
 
  • 1073 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Sid 
25 Okt 2011 13:26

Krisis , maar party mense kan darem maar kerm. Dit mos net 'n tydelike ongerief vir 'n langtermyn voordeel of hoe ?

  • antwoord
Hakuna matata
30 Sep 2011 04:34

Hier by ons word dit heel suksesvol op die spoor asook die pad vervoer. Sal graag later fotos wil opsit. Die goed is indrukwekkend.

  • antwoord
Elardus Engelbrecht 
29 Sep 2011 19:06

Wat van hyskrane wat ook na die standplase vervoer moet word na die wind torings? Wat ook van vragmotors wat gebruik word om terrein voorbereiding toerusting moet inbring? En trokke (vir kos, blyplek, proviand en water) vir werkers wat die storie moet opring?

O gats, wat van slaggate wat eers reggemaak moet word?

Sulke ekstra verkeer is darem net tydelik vir die konstruksie termyn. :-D

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vrugbaarheid is di
  • Beeste
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction